Skrap gesondheidsregulasies en verhoed gemoniteerde samelewing
Sakeliga vra die hof om die gesondheidsregulasies wat Minister Phaahla op 4 Mei 2022 oornag gepromulgeer het, onwettig en ongrondwetlik te verklaar en ter syde te stel.
SKRAP GESONDHEIDS-REGULASIES, VERHOED GEMONITEERDE SAMELEWING
Steun Hierdie Saak
https://www.youtube.com/watch?v=T6Etkv8olm4&ab_channel=Sakeliga
Waarom hierdie hofsaak?
Die Minister van Gesondheid se gesondheisregulasies van 4 Mei 2022, kragtens die Nasionale Gesondheidswet gemaak, het ‘n nuwe tydvak van staatsinmenging en gesondheidsmonitering ingelyf. Dit het gepoog om met kriminele strafmaatreëls besighede, kerke, skole, ekspo’s, stadions en ander entiteite in die burgerlike samelewing te dwing om mense in klasse op grond van inentingstatus te verdeel en tussen hulle te diskrimineer. Besighede is ingespan as moniteringsagente van die staat om diskriminerende gesondheidsmaatreëls teen hul wil op hul kliënte af te dwing.
Sakeliga is dadelik hof toe om die nuwe gesondheidsmoniteringsregime te takel en om te verhoed dat dit veranker word in verdere staatsbeleide. Weens die druk van Sakeliga en andere se hofsake teen die gesondheidsregulasies, het die Minister kort daarna die grootste en mees aanvegbare dele van sy 4 Mei-regulasies herroep. Die hofsaak duur egter voort, en fokus nou op die oorblywende regulasies en die onaanvaarbare skyn van 'n openbare konsultasieprosesse wat gevolg is. Die voortgesette regsaksie blokkeer die regering voortaan om te probeer om gesondheidmoniteringsmaatreëls op besighede, kerke, skole en andere af te dwing.
Saakbesonderhede
Status van saak: Aktief
Saak begin: 19 Mei 2022
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria
Volgende hofdatum:
Onbekend. Die saak is van die dringende rol verwyder aangesien die Minister sy regulasies herroep het.
Tydlyn Van Gebeure
Hofstukke
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
[posts_table term="mlo-category:reg-2022-57" columns="title, button" button_text="Laai Af"]
NUUTSTE MET HIERDIE SAAK
Lees Meer
Sluit Aan
Help us secure a flourishing economy
You can restore economic order by funding our work.
