Skip to content
English|Afrikaans

Oor Ons

Sakeliga is 'n onafhanklike nie-winsgewende maatskappy met 'n missie om ekonomiese orde te herstel

Oor Ons

Sakeliga is in 2011 gestig toe 'n groep sakeleiers besluit het dat 'n organisasie nodig was om skadelike staatsingryping in die ekonomie teen te staan.

Vandag word Sakeliga erken as die vooraanstaande litigant oor kommersiële sake in die openbare belang, en brei voortdurend ons bereik uit met alternatiewe vir staatsmislukking.

Ons het duisende toegewyde befondsingsgenote, 'n groeiende sakekamernetwerk regoor die land, en het aansienlike ekonomiese voordele vir besighede en die gemeenskappe wat hulle bedien, gelewer.

Ons naam 'Sakeliga' is geïnspireer deur die historiese handelsalliansie 'Die Hanseatiese Liga', of in Duits 'Die Hanse', wat 'n eeue-lange voorspoedige ekonomiese orde regoor Noord-Europa help skep het.

Ons netwerk van befondsers en vennote vorm 'n liga – 'n alliansie – van besighede wat saamstaan om ekonomiese orde vir 'n florerende samelewing te herstel en te versterk.

Bestuurspan

Piet le Roux

Uitvoerende Hoof

[@portabletext/react] Unknown block type "undefined", specify a component for it in the `components.types` prop

Russell Lamberti

Uitvoerende Direkteur & Hoofekonoom

[@portabletext/react] Unknown block type "undefined", specify a component for it in the `components.types` prop

Direksielede

Andries Brink

Uitvoerende Hoof, 42Markets Groep (Voorsitter)

Amelia Morgenrood

Streeksdirekteur, PSG Wealth

Grant Oosthuizen

Direkteur, Ibex Capital

Lambert van der Nest

Belegger & Voorsitter, Wildfig Holdings

Piet Viljoen

Direkteur, RECM

Nick Vlok

Belegger & Sakeman

Hoe ernstiger staatsverval word, hoe meer kan howe erkenning verleen aan sake-gebaseerde alternatiewe in die openbare belang.

Prof. Koos Malan

Konstitusionele Juris

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.