
BEE-vereistes vir Internasionale Lugrederye
Sakeliga is deur internasionale rolspelers in die lugvaartindustrie genader oor die Internasionale Raad vir Lugvaartlisensiëring ('n plaaslike reguleerder) se aandrang op B-BBEE sertifikate- en planne
Oor hierdie saak
Sakeliga is deur internasionale rolspelers in die lugvaartindustrie genader oor die Internasionale Raad vir Lugvaartlisensiëring ('n plaaslike reguleerder) se aandrang op B-BBEE sertifikate- en planne. Daar word op 'n skynbaar onwettige wyse van buitelandse lugrederye vereis om hul tot B-BBEE te verbind. Die lisensiëringsraad vereis dat buitelandse lugrederye eienaarskap aan B-BBEE vennote afstaan en dreig dat die lugrederye by gebreke daartoe nie in aanmerking sal kom vir lisensies om plaaslik te kan vlieg nie. Sakeliga werk in hierdie verband met die verteenwoordigers van verskeie lugrederye wat hoop dat Sakeliga by wyse van litigasie die lisensiëringsraad tot verantwoording sal roep.
