|

Kaapse Balieraad Kwotas

Hierdie saak spruit uit ’n kwotageveg tussen die Kaapse Balieraad en die Minister van Justisie oor die korrekte toepassing van kwotas in die uiteindelike plasing van kandidate om op die raad te dien.

Voltooi

Oor hierdie saak

Hierdie saak spruit uit ’n kwotageveg tussen die Kaapse Balieraad en die Minister van Justisie oor die korrekte toepassing van kwotas in die uiteindelike plasing van kandidate om op die raad te dien. Die Kaapse Balieraad het ‘n aansoek gebring teen die Wes-Kaapse Regspraktisynsraad en die Minister van Justisie omrede een van hul kandidate weens die kwota op vroue (desondaks haar meerderheid stemme) nie tot die balieraad verkies is nie. Sakeliga het toegetree as vriend van die hof nie om behulpsaam te wees oor die “korrekte” toepassing van kwotas nie, maar om die onvanpaste en ondoelmatige aard van kwotas opsigself te demonstreer. Die Kaapse Balie het nie geslaag in hul aansoek om plasing van hul gekose kandiaat en die tersydestelling van die Regspraktisynsraad se kwotasisteem nie. Die hof het geen spesifieke uitspraak oor Sakeliga se argumente gemaak nie.

Saak Tydlyn

Hofsaak verloor

Litigasie: Hooggeregshof

Ondersoek

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.