|
V1-0108 NEM 0002s

COGTA Lockdown - Minagting

Sakeliga het `n hofaansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) aan minagting van die hof skuldig te laat bevind.

Aan die Gang

Oor hierdie saak

Sakeliga het `n hofaansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) aan minagting van die hof skuldig te laat bevind. Die minagting hou verband met ‘n versuim om kragtens ‘n hofbevel van November 2022, geheimsinnige rekords van besluitneming oor grootskaalse Covid-regulasies van 2020, openbaar te maak. Terwyl die COGTA-minister sekere rekords oorhandig het wat verband hou met die PAIA-versoek sedert die hofbevel ten gunste van Sakeliga in November 2022, het die minister nie wesenlik gehoor gegee nie. Baie belangrike rekords bly uitstaande, en vir sommige van die maandelikse besluite om die ramptoestand van 2020 te verleng, is daar glad nie rekords verskaf nie. Die minagtingsverrigtinge poog om die aangeleentheid af te handel en duidelikheid te verskaf oor die beraadslagende en besluitnemingsprosesse voor die instelling van skadelike en irrasionele beleide wat gelei het tot miljoene werksverliese, besigheidssluitings en vernietiging van kapitaal.

Saak Tydlyn

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.