Mededingingskommissie - Rasvereistes vir Samesmeltings en Verkrygings
Die Mededingingskommissie het riglyne vir die toepassing van artikel 12A van die Mededingingswet gepubliseer, ingevolge waarvan die Kommissie openlik daarop aandring dat partye tot groot transaksies S
In Proses
Oor hierdie saak
Die Mededingingskommissie het riglyne vir die toepassing van artikel 12A van die Mededingingswet gepubliseer, ingevolge waarvan die Kommissie openlik daarop aandring dat partye tot groot transaksies SEB en ander transformasiemaatreëls moet bevorder as 'n voorwaarde om die transaksie toe te laat om voort te gaan. Sakeliga berei voor om teen die riglyne te litigeer, asook die grondwetlikheid van artikel 12A van die Mededingingswet, wat vir die eerste keer vereistes in die mededingingswetgewing instel wat niks met markondersoeke te doen het nie, maar eerder die deur oopmaak vir arbitrêre politieke vereistes.