|
ditsobotla municipality logo building

Ditsobotla Nasionale Administrasie

Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stilstand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes (Lichtenburg en Coligny). Sakeliga, in samewerking met

Aan die Gang

Oor hierdie saak

Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stilstand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes (Lichtenburg en Coligny). Sakeliga, in samewerking met plaaslike vennote, het toegetree om drastiese versnelling mee te bring van die strategiese munisipale litigasie wat reeds onderweg is en waarmee Sakeliga regspraak vir toepassing dwarsoor die land wil skep. Hierdie saak het ten doel om Ditsobotla se plaaslike staatsverval tot die hoogste vlak van ingryping waarvoor die Grondwet voorsiening maak te eskaleer en leiding te bied in die skepping van regspraak waarmee die probleem, op den duur, volhoubaar opgelos kan word. Sakeliga het reeds ‘n gunstige bevel in Deel A van die saak bekom. Deel A spreek die waterkrisis in Ditsobotla aan. ‘n Gunstige ooreenkoms is deur middel van ‘n hofbevel in Deel B bereik. Die ooreenkoms maak daarvoor voorsiening dat die provinsie moet ingryp in Ditsobotla en Sakeliga die hof oor drie maande weer kan nader vir nasionale administrasie, indien die provinsie onsuksesvol was. Sakeliga het reeds ‘n bevel bekom dat die provinsie elke drie maande aan Sakeliga en die hof verslag moet doen oor vordering met herstel van Ditsobotla. Die Provinsie het in hul taak misluk en Sakeliga gaan tans voort met die aansoek vir nasionale administrasie van Ditsobotla. Tans wag ons vir 'n hofdatum. 'n Skrywe is aan die Regter President gerig om onder ander 'n spesiale allokasie van die aangeleentheid te versoek.

Saak Tydlyn

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.