|
ditsobotla municipality logo building

Ditsobotla Nasionale Administrasie

Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stilstand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes (Lichtenburg en Coligny). Sakeliga, in samewerking met

Voltooi

Oor hierdie saak

Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stilstand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes (Lichtenburg en Coligny).

Sakeliga, in samewerking met plaaslike vennote, het toegetree om drastiese versnelling mee te bring van die strategiese munisipale litigasie wat reeds onderweg is en waarmee Sakeliga regspraak vir toepassing dwarsoor die land wil skep.

Hierdie saak het ten doel om Ditsobotla se plaaslike staatsverval tot die hoogste vlak van ingryping waarvoor die Grondwet voorsiening maak te eskaleer en leiding te bied in die skepping van regspraak waarmee die probleem, op den duur, volhoubaar opgelos kan word. Sakeliga het reeds ‘n gunstige bevel in Deel A van die saak bekom.

Deel A spreek die waterkrisis in Ditsobotla aan. ‘n Gunstige ooreenkoms is deur middel van ‘n hofbevel in Deel B bereik.

Die ooreenkoms maak daarvoor voorsiening dat die provinsie moet ingryp in Ditsobotla en Sakeliga die hof oor drie maande weer kan nader vir nasionale administrasie, indien die provinsie onsuksesvol was. Sakeliga het reeds ‘n bevel bekom dat die provinsie elke drie maande aan Sakeliga en die hof verslag moet doen oor vordering met herstel van Ditsobotla.

Die provinsie het inderdaad in hul taak misluk en Sakeliga het die hof vir verdere regshulp genader. In Augustus 2025 het die Noordwes se premier en LUR vir Samewerkende Regering die mislukking van provinsiale ingryping openlik erken en op die nasionale regering 'n beroep gedoen om Artikel 139(7) van die Grondwet in werking te stel — wat die provinsie se teenkanting in hofstukke regstreeks weerspreek het.

Op 3 September 2025 het die Kabinet 'n Artikel 139(7) proses ten opsigte van Ditsobotla goedgekeur. Die hof het 'n gunstige bevel verleen wat van die nasionale ingryping kennis geneem het en gelas het dat kwartaallikse verslae aan Sakeliga verskaf word.

Sakeliga het verlof ontvang om stukke aan te vul en verdere regshulp te soek indien skendinge sou voortduur.

Saak Tydlyn

Saak gewen

Gunstige Skikking

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.