EFF Wet op Oproerige Byeenkomste
Die EFF en Julius Malema het in 2019 geslaag met ’n aansoek na die hooggeregshof dat artikel 18(2)(b) van die Wet op Oproerige byeenkomste, wat aanhitsing om misdade insluitend betreding van eiendomme
Oor hierdie saak
Die EFF en Julius Malema het in 2019 geslaag met ’n aansoek na die hooggeregshof dat artikel 18(2)(b) van die Wet op Oproerige byeenkomste, wat aanhitsing om misdade insluitend betreding van eiendomme te pleeg, ongrondwetlik verklaar word. Die saak is gemaak na aanleiding van strafregtelike vervolging van Malema weens sy aanhitsing van volgelinge om grond te beset. Die hooggeregshofuitspraak is gevolglik na die Konstitusionele-hof vir bevestiging van grondwetlike ongeldigheid verwys. Sakeliga het in die Konstitusionele-hof toegetree as /amicus curiae/ (vriend van die hof) en unieke submissies gemaak ter ondersteuning van die behoud van die misdaad van aanhitsing en meegaande vonnisbepalings. Die hooggereshofuitspraak insake die ongrondwetlikheid van vonnisbepalings vir die misdaad van aanhitsing, is gevolglik deur die Konstitusionele-hof ter syde gestel.
