Skip to content
English|Afrikaans
Terug na Sake
Sakeliga · SaakGesondheidsorg

Beëindig Covid-ramptoestand

Die Wet op Rampbestuur is vir maande aaneen in 2020 en 2021 misbruik om drakoniese polisiestaat-toestande aan die publiek op te dring, met arbitrêre maatreëls soos ’n verbod op die verkoop van alkohol

Status
Voltooi
Kategorieë
Gesondheidsorg

Oor hierdie saak

Die Wet op Rampbestuur is vir maande aaneen in 2020 en 2021 misbruik om drakoniese polisiestaat-toestande aan die publiek op te dring, met arbitrêre maatreëls soos ’n verbod op die verkoop van alkohol en warm hoender. Inperkings deur die sentrale regering het sake-omgewings, ekonomieë en die sosiale orde geweldige skade berokken. Sakeliga het met ‘n hofaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria daarin geslaag om te verhoed dat die nasionale ramptoestand weer hernu word sonder dat die Nasionale Rampbestuursentrum bepaal of Covid-19 aan die definisie van 'n "ramp" voldoen. Sakeliga se unieke standpunt was dat ‘n “nasionale ramptoestand” nie verleng kon word in afwesigheid van voortdurend opgedateerde klassifikasie deur die Nasionale Rampbestuursentrum van ’n situasie as 'n objektiewe "ramp" en "nasionale ramp" nie. • Die litigasie het ‘n voortdurend opgedateerde objektiewe assesering van ‘n “ramp” (soos in wetgewing gedefinieer) as voorvereiste vir die verlenging van ‘n nasionale ramptoestand daargestel. • Ongekontrolleerde verlengings van nasionale ramptoestande sal voortaan aan die standaard van gereelde opgedateerde objektiewe assessering getoets kan word.

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.