|

Ideal Prepaid Slimmeters - Kgetlengrivier

Sakeliga het ‘n saak gewen teen ‘n ongemagtigde derdepartydiensverskaffer wat op ‘n ondeursigte wyse namens die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit diensleweringgeld en belastings ingevorder het.

Voltooi

Oor hierdie saak

Sakeliga het ‘n saak gewen teen ‘n ongemagtigde derdepartydiensverskaffer wat op ‘n ondeursigte wyse namens die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit diensleweringgeld en belastings ingevorder het. Sakeliga en plaaslike sakelui het die hofsaak gebring om skade te verhoed nadat die munisipaliteit wederregtelik besluit het om Ideal Prepaid, ’n diensverskaffer wat reeds die verkoop van elektrisiteit in die dorp bestuur het, verder aan te stel om heffings en belastings namens die munisipaliteit in te vorder. Die onregmatige invorderings sou egter sonder behoorlike fakture teen onbekostigbare kommissie op munisipale belastings geskied en in privaat bankrekeninge sonder behoorlike toesig inbetaal word. • Die hofbevelhelp om dorpe se sakelui en ander inwoners teen onregmatige en onbekostigbare munisipale invorderings te beskerm. • Die hof het die beginsel bevestig dat skuldinvordering slegs deur ‘n munisipaliteit onderneem kan word waar behoorlike en regmatige rekeninge aan inwoners gelewer word.

Saak Tydlyn

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.