|

Interdik teen betreding deur EFF

Sakeliga (toe AfriSake) en AfriForum het op 7 Maart 2017 'n finale interdik teen die EFF en Julius Malema bekom en hulle verhoed om persone aan te hits of in te span om die misdaad van onwettige betre

Voltooi

Oor hierdie saak

Sakeliga (toe AfriSake) en AfriForum het op 7 Maart 2017 'n finale interdik teen die EFF en Julius Malema bekom en hulle verhoed om persone aan te hits of in te span om die misdaad van onwettige betreding te begaan. Die EFF en Malema het nie opgedaag vir die verhoor nie en verstekvonnis is teen hulle geneem. Die EFF en Malema het in Junie 2017 probeer appeleer teen die verstekvonnis, maar het nie opgedaag vir hul eie verhoor nie en die saak is onbepaald uitgestel met 'n bestraffende kostebevel teen die EFF en Malema. Die saak is later ter rolle geplaas vir 12 Februarie 2018, maar die EFF en Malema was onsuksesvol. Die EFF se aansoek vir direkte toegang na die Konstitusionele-hof om te appelleer, is ook geweier. • Grondeienaars is beskerm teen massabetredingsaksies

Saak Tydlyn

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.