|

Keer sakelisensiëring tydens Covid-inperkings

Sakeliga het in Mei 2020 ’n dringende hofaansoek in die hooggeregshof geloods om weg te doen met Ebrahim Patel, Minister van Handel en Nywerheid, se nuwe vereiste dat besighede wat tydens die sogenaam

Voltooi

Oor hierdie saak

Sakeliga het in Mei 2020 ’n dringende hofaansoek in die hooggeregshof geloods om weg te doen met Ebrahim Patel, Minister van Handel en Nywerheid, se nuwe vereiste dat besighede wat tydens die sogenaamde nasionale staat van inperking vir Covid-19 wou oop bly, ‘n “noodsaaklike diens” sertifikaat by die CIPC moes verkry. Patel se sertfikate, en die inkorporasie daarvan by ramptoestandregulasies, het duisende besighede en eenmansake wat nie by die CIPC geregistreer was nie, blootgestel aan vervolging en teistering deur die polisie weens sogenaamde verontagsaming van grendelstaatregulasies. Dit het ook ’n nuwe besigheidslisensiëringsregime ingelui wat waarskynlik sou voortbestaan na die afskaffing van die nasionale staat van inperking en die monitering en regulering van besighede sou verskerp. Sakeliga was suksesvol met die dringende aansoek met die gevolg dat besighede nie langer blootgestel is aan vervolging en teistering indien hulle nie ‘n CIPC “noodsaaklike dienste” sertifikaat in hul besit gehad het nie.

Saak Tydlyn

Saak gewen

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.