|
energy_power_station_deregulation_02

Keer elektrisiteitskortings in Musina

Eskom het op 29 Junie 2018 kennisgewing gegee dat hulle elektrisiteitstoevoer aan Musina sou afsny, weens die munisipaliteit se groeiende rekening aan Eskom verskuldig. Hierdie stap sou meebring dat o

Voltooi

Oor hierdie saak

Eskom het op 29 Junie 2018 kennisgewing gegee dat hulle elektrisiteitstoevoer aan Musina sou afsny, weens die munisipaliteit se groeiende rekening aan Eskom verskuldig. Hierdie stap sou meebring dat ook betalende eindgebruikers skade ly as gevolg van Eskom en die munisipaliteit se betalingsdispuut. Sakeliga het 'n dringende hofaansoek gebring om Eskom te verhoed om voort te gaan met die geheelterminering van elektrisiteitstoevoer aan die munisipaliteit. Daarop het Eskom besluit om hul planne te laat vaar. Hierdie oorwinning het 'n belangrike rol gespeel om Eskom te verhoed om betalende eindgebruikers gyselaar te hou om wanbetalende munisipaliteite te noop om hul skulde te vereffen. Betalende eindgebruikers behoort nie opgesaal te word met die gevolge van gebrekkige interregeringgeskilbeslegting nie. • Die uitkoms het die tafel gedek vir Sakeliga se submissies in die Resilient-saak • 150,000 besighede se kragtoevoer is in stand gehou en besighede spaar in die omgewing van R150miljoen se produksieverliesse en verlies aan verkope

Saak Tydlyn

Gunstige skikking

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Gunstige skikking

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.