
Voorkom voortdurende gesondheidsmonitering vir besighede
Die Minister van Gesondheid se gesondheisregulasies van 4 Mei 2022, kragtens die Nasionale Gesondheidswet gemaak, het ‘n nuwe tydvak van staatsinmenging en gesondheidsmonitering prober inlyf. Dit het
Oor hierdie saak
Die Minister van Gesondheid se gesondheisregulasies van 4 Mei 2022, kragtens die Nasionale Gesondheidswet gemaak, het ‘n nuwe tydvak van staatsinmenging en gesondheidsmonitering prober inlyf. Dit het gepoog om, teen die agtergrond van Covid-19, dit oor die langtermyn vir die staat moontlik te maak om besighede te instrumentaliseer as afdwingers van staatsgesondheidsbeleide. Besighede sou deur die regulasies ingespan kon word as moniteringsagente van die staat om diskriminerende gesondheidsmaatreëls teen hul wil op hul kliënte af te dwing. Sakeliga het met litigasie die nuwe gesondheidsmoniteringsregime teengestaan. Weens die druk van Sakeliga en andere se hofsake teen die gesondheidsregulasies, het die Minister kort daarna die grootste en mees aanvegbare dele van sy 4 Mei-regulasies herroep. Die oorblywende regulasies het ‘n stille dood gesterf. • Die litigasie het besighede beskerm teen die inlywing van ‘n blywende regime van gesondheidsmonitering, waar besighede en ander instellings staatsopgelegde mediese voorskrifte op kliënte sou moes afdwing.
