|

Beskerm private besit van vuurwapens

Voor hierdie saak het die Polisie die Wet op Wapenbeheer op so ‘n wyse geïnterpreteer dat diegene wat wapens by die polisie vrywillig inhandig weens vorige versuim om die lisensies betyds te hernu, ni

Voltooi

Oor hierdie saak

Voor hierdie saak het die Polisie die Wet op Wapenbeheer op so ‘n wyse geïnterpreteer dat diegene wat wapens by die polisie vrywillig inhandig weens vorige versuim om die lisensies betyds te hernu, nie nuwe lisensieaansoeke ten opsigte van daardie wapens kon bring nie en derhalwe hul eiendom verbeur. Sakeliga het in ‘n vriend van die hof-aansoek geargumenteer dat hierdie interpretasie van die wet ekonomies onhoudbaar is, en dat dit nadelige implikasies vir eiendomsreg van wapeneienaars het. Sakeliga kon ’n saakmakende bydrae tot die gunstige uitkoms in die saak lewer. Die hof het in Fidelity se guns bevind, dat wapeneienaars ’n aansoek mag bring vir ’n nuwe lisensie ten opsigte van wapens met lisensies wat verval het. Die hof het ook ’n onderskeid tussen eiendom en besit getref. Bloot omdat ’n wapen nie in wettige besit is nie, verbeur ’n eienaar nie die eiendom (wapen/s) nie. Na aanleiding van die hofsaak het die Polisie op 1 Julie 2022 aan alle provinsiale kommissarisse ’n staande instruksie gestuur wat dit duidelik stel dat daar ’n onderskeid tussen eiendomsreg en besit van wapens is, en dat wapeneienaars ter enige tyd moet kan aansoek doen vir ’n lisensie vir ’n wapen, sonder om die wapen te verbeur. Luidens die instruksie behoort die polisie eerder nie wapeneienaars laat vervolg waar ’n wapen se lisensie verval het en die eienaar besit daarvan behou vir tyd en wyl stappe geneem word om 'n nuwe lisensie te bekom nie. • Die uitspraak maak dit moeiliker vir die polisie om wapens in privaatbesit te vernietig op grond van formalistiese toepassings van die Wet op Wapenbeheer. • Die uitspraak maak dit makliker vir verantwoordelike lede van die publiek om eienaarskap van hul vuurwapens te behou.

Saak Tydlyn

Saak gewen

Litigasie: Konstitusionele Hof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.