|

Provinsiale ingrepe in Noordwes munisipaliteite

Eskom, waterrade en ander belangrike diensverskaffers word nie deur die Ditsobotla en Naledi munisipaliteite in Noord-Wes betaal nie - ten spyte daarvan dat eindgebruikers van dienste elke maand vir d

Oor hierdie saak

Eskom, waterrade en ander belangrike diensverskaffers word nie deur die Ditsobotla en Naledi munisipaliteite in Noord-Wes betaal nie - ten spyte daarvan dat eindgebruikers van dienste elke maand vir dienste betaal. Munisipale invorderings vanaf eindgebruikers verdwyn telkens in ‘n bodemlose put van korrupsie en groeiende loonrekeninge. Die Ditsobotla-munisipaliteit is ook een van die mees vervalle munisipaliteite in die land, en daarom gunstige terrein om regsbeginsels ter oplossing van staatsverval te toets. Sakeliga het daarin geslaag om die Noordwes provinsiale regering se onwilligheid om in die munisipaliteite in te gryp te bewys en sodoende provinsiale administrasie afgedwing. -Deur provinsiale administrasie in Ditsobotla en Naledi af te dwing, is die eerste stap geneem om die staat te forseer om binne die raamwerk van wetgewing hul magte uit te oefen om die munisipaliteite se verval om te keer. -Die strategie, waarin die eerste stap suksesvol was, plaas die regering op alle vlakke in ‘n posisie waar hy óf staatsverval moet oplos, óf deur versuim aan litigante die ruimte bied om regserkenning vir kreatiewe privaatoplossings buite-om die staat te verkry.

Saak Tydlyn

Gunstige skikking

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.