Skip to content
English|Afrikaans

Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies

Sakeliga verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging dat die vrystelling vir Eskom van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur “vir nou” teruggetrek sal word. Nietemin het Sakeliga reeds begin ondersoek instel na die mate waartoe soortgelyke vrystellings vir ander staatsentiteite oorweeg word.

Sakeliga se regspaneel dien tans PAIA-aansoeke in om te bepaal vir watter staatsinstellings soortgelyke vrystellings reeds geld – en of daar enige verdere vrystellings vir ander staatsinstellings in die visier gestel word.

Die vrystelling sou Eskom toegelaat het om nie in sy finansiële state verslag te doen oor onreëlmatige, vrugtelose en verspilde uitgawes nie.

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.

Sakeliga verwelkom terugtrek van Eskom-sluierregulasies | Sakeliga