Skip to content
English|Afrikaans

Stel betaalmeester aan in munisipaliteite in Noord-Wes (Betaalmeester-saak)

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteitVoltooi ons kort opname

Naledi munisipaliteit skuld Eskom R390-miljoenWeens swak skuldinvordering en versuim om tariewe te betaal

NOORD-WES BETAALMEESTER

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Eskom, waterrade en ander belangrike diensverskaffers word nie deur die Ditsobotla en Naledi munisipaliteite in Noord-Wes betaal nie – ten spyte daarvan dat eindgebruikers van dienste elke maand vir dienste betaal. Munisipale invorderings vanaf eindgebruikers verdwyn telkens in ‘n bodemlose put van korrupsie en groeiende loonrekeninge.

In hierdie saak vra Sakeliga daarom die hof dat hangende die behoorlike implementering van ‘n finansiële herstelplan kragtens ‘n ingryping deur die Nasionale Tesourie, ‘n onafhanklike ouditeursfirma as sogenaamde “spesiale meester” aangestel word ten opsigte van die vervalle respondent munisipaliteite se finansies. Die spesiale meester se pligte sou behels om die aparte munisipale bankrekening te bestuur, alle invorderings en heffings vir kritieke dienste soos water, elektrisiteit en opgradering van kritieke infrastruktuur daarin te ontvang, en verskaffers direk vanuit daardie rekening te betaal.

Dit is unieke en innoverende regshulp, wat gunstige presedent vir ander munisipaliteite ook kan meebring.

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief

Saak begin: 9 April 2021

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng

Volgende hofdatum: Onbekend. Sakeliga wag op ‘n antwoord van die Regter-President

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

Die saak is word aangehoor in die Hooggeregshof in Mahikeng. Weens ‘n eedsverklaring wat ‘n dag voor die verhoor deur die Minister van Finansies geliasseer is (bykans twee jaar buite tyd), en die hof se prioritisering van ander sake, word die saak uitgestel.

Die tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word aangehoor. Die regter beslis dat Eskom se verduidelikende verklaring toegelaat sal word tydens die hoofverhoor in Maart, 2023.

’n Saakbestuurvergadering vind op 7 September 2022 voor die Regter-President van die hof plaas. Die regter oorweeg die stukke en ‘n spesiale allokasiedatum.

Naledi Plaaslike Munisipaliteit se regspan dui aan dat hulle, na ‘n gesprek met Eskom, nie van voorneme is om voort te gaan met hul tussentydse aansoek (op die hofrol vir 17 November 2022) ter skrapping van Eskom se ondersteunende verklaring nie. Sakeliga maak beswaar teen die wyse waarop Naledi die kwessie benader, aangesien Naledi veronderstel is om ‘n formele kennisgewing van onttreking kragtens die hofreëls te liasser, en ook kostes te tender. Dit wil voorkom of Naledi die reg wil voorbehou om tydens die hoofaansoek die hof te beswaar met oppering van die tussentydse aansoek, wat tot ‘n uitstel van die saak sal lei.

Sakeliga se regspan doen weer aansoek vir ‘n spesiale allokasie van die saak by die Regterpresident van die hof, n.a.v. die versoek wat reeds op 14 Desember 2021 gerig is. Naledi Plaaslike Munisipaliteit se tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word op die rol geplaas vir 17 November 2022.

Op reaksie van die Minister van Finansies se uitnodiging om "in gesprek te tree" oor Sakeliga se munisipale litigasie, rig Sakeliga ‘n skrywe aan die Minister van Finansies se kantoor en dui bereidwilligheid aan om in gesprek te tree.

Sakeliga skryf ‘n brief en vra die Regterpresident van die Hooggeregshof in Mahikeng vir saakbestuur, aangesien die respondente nie samewerking bied nie en die hofreëls verontagsaam.

Naledi Plaaslike Munisipaliteit, bring ‘n interlokutêre aansoek met die oog daarop om Eskom se verduidelikende eedsverklaring te laat skrap. Hulle beswaar teen Eskom se verklaring berus op ‘n argument dat Eskom as respondent steun aan Sakeliga as applikant bied.

Sakeliga bring ‘n interlokutêre aansoek (‘n aansoek binne ‘n aansoek) teen die eerste tot derde en sewende respondent, om hierdie respondente te verplig om hul rekords waarna hulle in antwoordende verklarings verwys, te lewer soos die hofreëls vereis.

Die respondente, behalwe respondente 1 tot 3, het eers op 2 November 2021 gedeeltelik aan Sakeliga se rekordversoeke voldoen. Sakeliga is nou eers in staat repliserende verklarings voor te berei en die saak verder te voer. Respondente 1 tot 3 is op hierdie stadium steeds in versuim om hul rekords te lewer waarna hulle in hul antwoordende verklarings verwys.

6de respondent lewer antwoordende eedsverklaring (laai dit hier af).

Eskom lewer ‘n verduidelikende eedsverklaring in die saak, en steun die regshulp wat deur Sakeliga verlang word.

Aangesien die 1ste tot 3de & 7de respondente,  sowel as die 4de respondent, nie al die dokumente aangeheg het waarna hul deurgaans in hul verklaring verwys nie, het Sakeliga   kennisgewings kragtens  reël  35(12)  van  die  hofreëls geliasseer om ontbrekende dokumente aan te vra.

1ste tot 4de & 7de respondente lewer antwoordende eedsverklarings (laai dit hier en hier af).

Sakeliga beteken kennisgewing van mosie en funderende eedsverklaring op die respondente (laai dit hier af).

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit

Voltooi ons kort opname

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

NUUTSTE MET HIERDIE SAAK

Sakeliga: Vertragings in betaalmeestersaak noodsaak nou geregtelike saakbestuur

Lees meer »15 Desember 2021

Die kern van Sakeliga se argumente in sy betaalmeestersaak

Lees meer »14 Desember 2021

Skuld, grondpaaie, vullis en korrupsie: die storie van Ditsobotla-munisipaliteit in Noord-Wes

Lees meer »30 November 2021

Skuld, grondpaaie, vullis en korrupsie: die storie van Ditsobotla-munisipaliteit in Noord-Wes

Lees meer »23 November 2021

Lees Meer

Sluit Aan

23 March 2023The case is heard in the High Court in Mahikeng. Due to an affidavit filed a day before the hearing by the Minister of Finance (almost two years late), and the court's prioritization of other cases, the case is postponed.
17 November 2022The interlocutary application in the case (refer to 23 November 2021 on the timeline) is heard. The judge rules that Eskom's explanatory affidavit will be permitted during the main hearing in March, 2023.
7 September 2022A case management meeting will take place on 7 September 2022 before the Judge-President of the court. The Judge-President is considering the court papers and a special allocation date.
16 August 2022Naledi Local Municipality's legal team indicates that, after a discussion with Eskom, they do not intend to proceed with their interlocutory application (on the court roll for 17 November 2022) for the scrapping of Eskom's supporting affidavit. Sakeliga objects to the manner in which Naledi approaches the issue, as Naledi is supposed to file a formal notice of withdrawal in terms of the court rules, and also tender the wasted costs occasioned by their application. It seems that Naledi wants to reserve the right to raise the interlocutory issue during the main application, which step would lead to a postponement of the case.
15 June 2022Sakeliga's legal team again applies to the Judge President of the court for a special allocation of the case, in light of the request that was already submitted on 14 December 2021. Naledi Local Municipality's interlocutory court application in the case (refer to 23 November 2021 on the timeline) is also allocated on the roll for 17 November 2022.
6 Junie 2022In response to the Minister of Finance's invitation to "engage in conversation" about Sakeliga's municipal litigation, Sakeliga writes to the Minister of Finance's office and indicates willingness to engage in conversation.
14 December 2021Sakeliga writes a letter asking the Judge President of the High Court in Mahikeng for case management as the respondents do not cooperate and disregard the court rules.
9 December 2021The court rules with costs in Sakeliga's favor in its interlocutory application of 19 November. The respondents are required to deliver outstanding records.
23 November 2021Naledi Local Municipality institutes an interlocutory application with the view to having Eskom's explanatory affidavit striked out. Their objection to Eskom's statement is based on an argument that Eskom as respondent offers support to Sakeliga as applicant.
19 November 2021Sakeliga institutes an interlocutory application (an application within an application) against the first to third and seventh respondents, to compel these respondents to provide their records to which they refer in responding affidavits as required by the court rules.
2 November 2021The respondents, with the exception of respondents 1 to 3, only partially complied with Sakeliga's record requests on 2 November 2021. Sakeliga is only now able to prepare replying affidavits and take the matter further. Respondents 1 to 3 are at this stage yet to provide their records to which they refer in their answering affidavits.
9 September 20216th Respondent files answering affidavit.
8 September 2021Eskom files an explanatory affidavit in the matter, and supports the relief sought by Sakeliga.
26 August 2021Since the 1st to 3rd & 7th respondents, as well as the 4th respondent, did not annex all the documents to which they consistently referred in their affidavits, Sakeliga filed notices under rule 35(12) of the court rules to request the outstanding records.
25 August 20211st to 4th & 7th respondents file answering affidavits.
26 May 2021Sakeliga serves notice of motion and founding affidavit on the respondents.
23 Maart 2023Die saak is word aangehoor in die Hooggeregshof in Mahikeng. Weens 'n eedsverklaring wat 'n dag voor die verhoor deur die Minister van Finansies geliasseer is (bykans twee jaar buite tyd), en die hof se prioritisering van ander sake, word die saak uitgestel.
17 November 2022Die tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word aangehoor. Die regter beslis dat Eskom se verduidelikende verklaring toegelaat sal word tydens die hoofverhoor in Maart, 2023.
7 September 2022'n Saakbestuurvergadering vind op 7 September 2022 voor die Regter-President van die hof plaas. Die regter oorweeg die stukke en ‘n spesiale allokasiedatum.
16 Augustus 2022Naledi Plaaslike Munisipaliteit se regspan dui aan dat hulle, na 'n gesprek met Eskom, nie van voorneme is om voort te gaan met hul tussentydse aansoek (op die hofrol vir 17 November 2022) ter skrapping van Eskom se ondersteunende verklaring nie. Sakeliga maak beswaar teen die wyse waarop Naledi die kwessie benader, aangesien Naledi veronderstel is om 'n formele kennisgewing van onttreking kragtens die hofreëls te liasser, en ook kostes te tender. Dit wil voorkom of Naledi die reg wil voorbehou om tydens die hoofaansoek die hof te beswaar met oppering van die tussentydse aansoek, wat tot 'n uitstel van die saak sal lei.
15 Junie 2022Sakeliga se regspan doen weer aansoek vir 'n spesiale allokasie van die saak by die Regterpresident van die hof, n.a.v. die versoek wat reeds op 14 Desember 2021 gerig is. Naledi Plaaslike Munisipaliteit se tussentydse hofaansoek in die saak (verwys na 23 November 2021 op die tydlyn) word op die rol geplaas vir 17 November 2022.
6 Junie 2022Op reaksie van die Minister van Finansies se uitnodiging om "in gesprek te tree" oor Sakeliga se munisipale litigasie, rig Sakeliga 'n skrywe aan die Minister van Finansies se kantoor en dui bereidwilligheid aan om in gesprek te tree.
14 Desember 2021Sakeliga skryf 'n brief en vra die Regterpresident van die Hooggeregshof in Mahikeng vir saakbestuur, aangesien die respondente nie samewerking bied nie en die hofreëls verontagsaam.
9 Desember 2021Die hof beslis met koste in Sakeliga se guns in sy interlokutêre aansoek van 19 November. Die respondente is verplig om uitstaande rekords te lewer.
23 November 2021Naledi Plaaslike Munisipaliteit, bring 'n interlokutêre aansoek met die oog daarop om Eskom se verduidelikende eedsverklaring te laat skrap. Hulle beswaar teen Eskom se verklaring berus op 'n argument dat Eskom as respondent steun aan Sakeliga as applikant bied.
19 November 2021Sakeliga bring 'n interlokutêre aansoek ('n aansoek binne 'n aansoek) teen die eerste tot derde en sewende respondent, om hierdie respondente te verplig om hul rekords waarna hulle in antwoordende verklarings verwys, te lewer soos die hofreëls vereis.
2 November 2021Die respondente, behalwe respondente 1 tot 3, het eers op 2 November 2021 gedeeltelik aan Sakeliga se rekordversoeke voldoen. Sakeliga is nou eers in staat repliserende verklarings voor te berei en die saak verder te voer. Respondente 1 tot 3 is op hierdie stadium steeds in versuim om hul rekords te lewer waarna hulle in hul antwoordende verklarings verwys.
9 September 20216de respondent lewer antwoordende eedsverklaring (laai dit hier af).
8 September 2021Eskom lewer 'n verduidelikende eedsverklaring in die saak, en steun die regshulp wat deur Sakeliga verlang word.
26 Augustus 2021Aangesien die 1ste tot 3de & 7de respondente, sowel as die 4de respondent, nie al die dokumente aangeheg het waarna hul deurgaans in hul verklaring verwys nie, het Sakeliga kennisgewings kragtens reël 35(12) van die hofreëls geliasseer om ontbrekende dokumente aan te vra.
25 Augustus 20211ste tot 4de & 7de respondente lewer antwoordende eedsverklarings (laai dit hier en hier af).
26 Mei 2021Sakeliga beteken kennisgewing van mosie en funderende eedsverklaring op die respondente (laai dit hier af).

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.