![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/11/52649558882_46036acbf6_o.jpg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2024/11/52649558882_46036acbf6_o.jpg",
"wpYear": "2024",
"wpMonth": "11",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
75329,
75336
],
"migratedAt": "2025-09-18T13:59:24.215Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 151183
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/39dveJTThG14YHCPHWZw2x/7b1b0d7749a1e4dd6c4bcc073a8b2b64/52649558882_46036acbf6_o.jpg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
BELA is ’n skadelike poging tot sentralisering en eenvormigheid
Goeie en vrye onderwys is deel van florerende gemeenskappe en ’n gesonde samelewing. Histories beskou het sakelui sulke onderwys moontlik help maak, van basiese vlakke tot gevorderde universiteitsopvoeding en tegniese opleiding. Soms het state ook met hierdie taak gehelp, soms nie, en soms – soos nou – probeer die staat dit ondermyn.
Die BELA-wet is ’n onbehoorlike en skadelike poging van die staat om beheer van onderwys by ouers weg te neem. Dit misken die gesag en verantwoordelikheid van ouers oor basiese onderwys, binne die konteks van hul gemeenskappe, kerke, en ander instellings. Dit poog om funksionele skole te onderwerp aan ’n staat wat jaarliks verder verval en tot verval bydra.
Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval
- Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
- Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
- Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet
Polities beskou is die BELA-wet ’n verlengstuk van ’n spesifieke ideologiese agenda. Dit bevorder, onder die dekmantel van “diversiteit,” ’n eenvormingheid van instellings. In die sakewêreld behels hierdie ideologiese agenda eienaarskaps- en aanstellingsvereistes.
Onder BELA behels dit ’n weiering dat skole ’n Afrikaanse taalbeleid mag hê, of dat ouers die toelatingsbeleid van skole mag bepaal of die beste opvoedingspad vir hul kinders. Deurgaans probeer die staat eenvormigheid op die samelewing afdruk, eerder as om diversiteit te respekteer.
Hoewel Sakeliga, as sakeorganisasie, nie ’n leidende rol teen BELA sal speel nie, huldig ons die volgende standpunt:
- Ons ondersteun die teenstand wat ouers, skole en ander organisasies teen BELA se inmenging by toelatingsbeleid, taalbeleid en opvoeding bied.
- Waar die staat poog om BELA in werking te stel, moedig ons skole, ouers en ander rolspelers aan om ’n strategie van maksimum aangewese nie-nakoming te volg met daardie inmenging wat onaanvaarbaar en skadelik is.
- Waar die teenstand teen BELA en maksimum aangewese nie-nakoming onvoldoende is, sal dit nodig wees vir ouers, kerke, burgerlike instansies, sakelui en andere om terug te keer na die historiese taak om onderwys en opvoeding ongeag die optrede van die staat te verskaf.