|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/10/Sakeliga-Bosberaad3.jpg",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2024/10/Sakeliga-Bosberaad3.jpg",
  "wpYear": "2024",
  "wpMonth": "10",
  "wpPostCount": 2,
  "wpPostIds": [
    75196,
    75205
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T13:59:27.235Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 469299
}
[End WordPress Migration Data]

Bosberaad 2024: “Versnel dorpsherstel met alternatiewe oplossings” 

7 Oktober 2024

Dorpe landswyd is onder druk van staatsverval en wanorde. As dit van die staat alleen afhang, sal daar nie gou ’n verbetering wees nie. Alternatiewe oplossings vir versnelde dorpsherstel is nodig – en dit is waaroor Sakeliga se Bosberaad op 24 en 25 Oktober 2024 gaan.

Die beraad is volgepak met lesse geleer, idees en planne, en strategiese en praktiese riglyne vir hoe sakekamers en andere op plaaslike vlak kan ingryp.

Onderwerpe en sprekers sluit in:

  • Die rol en strategie van sakeorganisasies - Piet le Roux
  • Suksesse en uitdagings van Newcastle Sakekamer sedert 1967 - Morné Seaman
  • Die politieke omgewing en sakeorganisasies – Russell Lamberti
  • ’n Litigasieraamwerk vir sakekamers – Péter Wassenaar
  • Die belang van goeie rekords en administrasie vir dorpsherstel – Chris Bosch
  • Hoe om munisipale dispute en besware te doen – Christo Bester
  • Die krag van diensteverenigings in dorpe – Péter Wassenaar
  • Regstappe en litigasie met grondbesettings – Hans-Jurie Moolman
  • Werkswinkel: hoe dorpe ’n skielike grondbesetting kan hanteer – Gideon Joubert
  • ZZ2 se benadering tot onwettige dorpstigting en betreding – Christo Reeders
  • Inligtingstegnologie as hulpmiddel vir sakekamers en sakeorganisasies – Tian Alberts

Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval

  • Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
  • Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
  • Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet

Ons Missie & Impak

Die krisis in plaaslike munisipaliteite gaan lank voortduur indien ons op staatsherstel wag – te lank.

Sakelui sal moet ingryp en is besig om dit te doen, met of sonder toestemming.

Om dit suksesvol en verdedigbaar te doen is meer as net individuele optrede en geïsoleerde pogings nodig. Dit sal verg dat sakelui in dorpe hul eie onafhanklike sakeorganisasies stig en dat ons as organisasies by mekaar leer oor wat werk en nie werk nie.

So kan ons uitkom by skaalbare modelle om orde en voorspoed in dorpe en landelike omgewings te herstel.

Die Bosberaad word jaarliks aangebied vir sakeorganisasies wat ingeskakel is by Sakeliga se sakekamerondersteuningsnetwerk. Ander sakeorganisasies en belangstellendes is egter ook welkom. Plek is beperk en bespreking is noodsaaklik.

  • Koste: R1800 p.p. (lede van die ondersteuningsnetwerk); R2300 p.p. (besoekers)
  • Ingesluit: Alle sessies en etes vanaf 12:00 op 24 Okt tot 14:00 op 25 Okt 2024
  • Uitgesluit: Verblyf (vir eie reëling)
  • RSVP: 14 Oktober 2024 by diens@sakeliga.org.za