|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/05/FSTC-BEE-COMPLIANCE-Sakeliga.png",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2024/05/FSTC-BEE-COMPLIANCE-Sakeliga.png",
  "wpYear": "2024",
  "wpMonth": "05",
  "wpPostCount": 2,
  "wpPostIds": [
    74090,
    74085
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T14:05:44.093Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 2070799
}
[End WordPress Migration Data]

FSTC nou ontwykend ná Sakeliga se BEE-ondersoek

24 Mei 2024
  • Die Finansiële Sektor Transformasie Raad (FSTC) het ontwykend gereageer op Sakeliga se versoek dat dit bewys lewer van sy gesag om onlangs te eis dat alle finansiële instellings teen 28 Junie B-BBEE-nakomingverslae indien.
  • In stede daarvan om Sakeliga en die publiek bloot te verwys na bronne van sy oënskynlike gesag om nakomingseise te stel, het die FSTC sy prokureurs opdrag gegee om niks te bevestig of te ontken nie en om sy regte voor te behou.
  • Deur ons regspan het ons dit nou by die FSTC op rekord geplaas dat ons geen bron binne die positiewe reg vind vir óf sy oënskynlike gesag om nakoming van sy Rapporteringskennisgewing 1 van 2024 te eis, óf sy oënskynlike mag om sanksies aan 'nie-nakomende' instellings binne die finansiële dienste sektor op te lê nie.
  • Sakeliga wag nou op die FSTC se nakoming van ons volledige inligtingsversoek rakende sy status as 'n sektorraad, sy beleide en afdwingingsplanne (indien enige), en meer, teen 31 Mei.

Die Finansiële Sektor Transformasieraad (FSTC) het ontwykend gereageer op Sakeliga se versoek dat hy bewys lewer van sy gesag om B-BBEE-verslagdoening te eis.

In stede daarvan om Sakeliga en die publiek bloot te verwys na bronne van sy oënskynlike gesag om sy onlangse BEE-nakomingseise te stel, het die FSTC sy prokureurs opdrag gegee om niks te bevestig of te ontken nie en om sy regte voor te behou. (brief hier, 13 Mei)

Die FSTC het in Maart daarop aangedring dat alle finansiëledienste-instansies – van individuele makelaars tot groot korporasies – teen 28 Junie bewys lewer van hul B-BBEE-status (Rapporteringskennisgewing 1 van 2024). Verskeie industrierolspelers het blykbaar onder die indruk verkeer dat nie-nakoming met verslagdoening tot formele of ander statutêre sanksies teen hulle kan lei.

In April het Sakeliga die FSTC se gesag bevraagteken en opklaring gesoek, aangesien geen wetgewing waarvan Sakeliga bewus is finansiële instansies dwing om deel te neem aan of hul besighede se rasseprofiel te sertifiseer onder die B-BBEE-wet nie. (oorspronklike brief hier, 11 April)

Gegewe die FSTC se versuim om enige statutêre magtiging te openbaar, het ons prokureurs dit nou by die FSTC op rekord geplaas dat Sakeliga geen bron binne positiewe reg vind vir óf sy oënskynlike gesag om nakoming van sy Rapporteringskennisgewing 1 van 2024 te eis, óf sy oënskynlike mag om sanksies aan ‘nie-nakomende’ instellings binne die finansiëledienstesektor op te lê nie. Die FSTC blyk sy magte te oorskry. (Sakeliga se opvolgbrief hier, 21 Mei)

Ons het die FSTC ook ingelig dat ons sy nakoming van ons inligtingsversoek onder die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting teen 31 Mei afwag. Ons versoek handel oor die FSTC se:

  • status as ’n sektorraad ingevolge die B-BBEE-wet.
  • aktiwiteite, rekords, besluite en beleide aangaande sanksies vir nie-nakoming van FSTC-direktiewe, soos finansiële en professionele penalisasie.
  • samewerking met die Finansiële Sektor Gedragsowerheid (FSCA), die B-BBEE-kommissie, die Voorsorgowerheid (Prudential Authority) en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging waar dit polisiëring, ondersoek, toepassing en oplegging van sanksies teen finansiële instansies betrek.

Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval

  • Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
  • Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
  • Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet

Ons Missie & Impak

Met betrekking tot BEE, bly Sakeliga se standpunt dat die openbare belang die beste gedien word wanneer besighede ‘n strategie van maksimum haalbare nie-nakoming van die regering se nadelige BEE-beleid en sy eise vir BEE-verslagdoening volg.

As ’n regeringsbeleid gee BEE voor om bemagtiging na te streef, maar vereis dit inderwaarheid dat besighede hul missie van waardeskepping opoffer ter navolging van politieke instruksies met ’n burokratiese en rassefokus. In stede daarvan om oor gemeenskappe heen waardeskeppende ekonomiese samewerking aan te moedig, verhoog BEE laag-op-laag die strukturele koste van besigheid in Suid-Afrika, wat die koste van goedere en dienste opjaag en só omtrent almal verarm.