|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/04/187851078_332064111602985_6133888412572082993_n.png",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2024/04/187851078_332064111602985_6133888412572082993_n.png",
  "wpYear": "2024",
  "wpMonth": "04",
  "wpPostCount": 4,
  "wpPostIds": [
    74462,
    73378,
    74467,
    73385
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T13:59:37.670Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 387402
}
[End WordPress Migration Data]

FSTC verander van deuntjie en probeer verantwoordbaarheid ontduik 

5 Junie 2024
  • Die FSTC gaan ongegrond voort om die oorhandiging van inligting, oor sy BEE-beleide en kwansuise gesag om nakoming te eis, aan Sakeliga te vertraag.
  • Sakeliga het ’n klag by die Inligtingsreguleerder gelê om die FSTC te dwing om aan ons inligtingsversoek te voldoen.
  • Ons bly van mening dat die FSTC geen gesag het om nakoming van sy BEE-rapporteringskennisgewing te eis nie en ons moedig finansiëlediensteverskaffers aan om ’n benadering van maksimum haalbare nie-nakoming by BEE-kwessies te volg.

Die Financial Sector Transformation Council (FSTC) het van deuntjie verander en ontken nou dat dit sy BEE-beleide en verwante inligting aan Sakeliga moet oorhandig.

Sakeliga het die FSTC onlangs aangevat oor sy BEE-rapporteringseise aan finansiëlediensteverskaffers. Sowel Sakeliga as die Financial Sector Conduct Authority (FSCA) meen die FSTC “is not able to sanction institutions”. Ons bly van mening dat die FSTC geen gesag het om nakoming van sy BEE-rapporteringskennisgewing te eis nie en ons moedig finansiëlediensteverskaffers aan om by BEE-kwessies ’n benadering van maksimum haalbare nie-nakoming te volg.

Die FSTC versuim sedertdien om uit te wys waar dit kwansuis die mag bekom het om BEE-rapportering af te dwing en sperdatums te stel. (Kyk verklaring van 24 Mei 2024.)

Tot verlede week nog het die FSTC wél onderneem om alle rekords wat Sakeliga ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) van hom versoek het teen 31 Mei 2024 te verskaf. Dié rekords handel oor die FSTC se status as ’n sektorraad, sy beleide, en enige samewerking met instansies soos die B-BBEE-kommissie vir die beoogde oplegging van sanksies.

Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval

  • Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
  • Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
  • Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet

Ons Missie & Impak

In plaas van nakoming van die inligtingsversoek probeer die FSTC egter verantwoordbaarheid ontduik. Die FSTC het Sakeliga nou van ’n “fishing expatriation” (sic) beskuldig en laat weet dat dit besluit het dat Sakeliga eers moet sê waarom dit die inligting wil hê. (Vir die FSTC se prokureursbrief van 31 Mei, klik hier.)

Die FSTC verstaan klaarblyklik nie dat PAIA geen motiverings vereis nie en dat dit (die FSTC) verplig is om alle openbare rekords beskikbaar te stel.

Ons het die FSTC laat weet dat,

‘insofar as Sakeliga is perceived as “fishing” for access to the information held by the FSTC as a public body, Sakeliga intends to “fish” via its information rights for every scrap of paper falling within the ambit of its request.’

(Vir Sakeliga se prokureursbrief op 3 Junie, klik hier.)

Ten einde die inligting te bekom het Sakeliga nou ’n klagte by die Inligtingsreguleerder gelê. Ons beoog om die FSTC te dwing om alle inligting wat ons versoek het te verskaf en sal deur die loop van die proses verdere aankondigings doen.