|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2025/02/Sakeliga_Minister-of-Agriculture-making-BEE-compulsory3.jpg",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2025/02/Sakeliga_Minister-of-Agriculture-making-BEE-compulsory3.jpg",
  "wpYear": "2025",
  "wpMonth": "02",
  "wpPostCount": 2,
  "wpPostIds": [
    75771,
    75779
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T13:59:15.300Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 465447
}
[End WordPress Migration Data]

Minister van Landbou maak BEE verpligtend

13 Februarie 2025

Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, is besig om BEE in die landbousektor uit te brei. Dit is skadelik en voeg aansienlike risiko by tot Suid-Afrika se reeds gespanne internasionale handelsbetrekkinge.

Sakeliga onderneem tans verdere ondersoek en konsulteer met ons regspan oor toepaslike volgende stappe.

Minister Steenhuisen brei BEE op ten minste twee maniere uit.

Eerstens handhaaf die minister AgriBEE en verdedig hy die implementering daarvan.

AgriBEE is die departement se amptelik aanvaarde beleid om BEE verpligtend in landbou te maak. Hoewel dit ’n ernstige saak is, is die beleid tans nog ver van ten volle geïmplementeer en bly landbou-aktiwiteit in Suid-Afrika oor die algemeen sterk.

Terwyl die beleid van AgriBEE van vóór minister Steenhuisen se ampstermyn dateer, het hy tot dusver nie net versuim om dit te hersien nie, maar ook sy direkteur-generaal (DG) se hernuwing van regulasies ooreenkomstig die beleid gehandhaaf.

AgriBEE se uitdruklike doelwit is om “nakoming af te dwing” “van die transformasieprogram van die regering.” Dit poog om BEE “’n kwalifikasie- en wetlike vereiste vir die regering” te maak wanneer lisensies, permitte, waterregte, en ander konsessies uitgereik word, en wanneer staatsbates vervreem word.

Die beleid van AgriBEE het in die openbaar bekend geword toe Sakeliga die bestaan daarvan laat in 2023 onthul het, nadat ons die departement gedwing het om dit ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting te openbaar. Die departement en sommige rolspelers in die bedryf het destyds die bestaan daarvan ontken of weggepraat.

Sakeliga het minister Steenhuisen in Oktober 2024 daarop attent gemaak dat sy DG regulasies hernu het wat kwotas vir heffingverminderde landbou-invoere en -uitvoere daarstel, op grond van die ras van boere en sake-eienaars. Dit betref ’n mindere dog betekenisvolle deel van die totale volume en waarde van Suid-Afrikaanse landbouhandel, insluitend:

  • 200 000 ton landbou-uitvoere en 190m liter wynuitvoere na die EU en die Verenigde Koninkryk onder die onderskeie vennootskapsooreenkomste.
  • 500 000 ton landbou-invoere en 9,5 miljoen liter wyninvoere vanaf lidlande van die Wêreldhandelsorganisasie.

Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval

  • Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
  • Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
  • Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet

Ons Missie & Impak

Ons het minister Steenhuisen ook daarop gewys dat die beleide in stryd is met internasionale handelsooreenkomste. (Vir meer, sien ons brief gedateer 16 Oktober 2024****.)

In antwoord op ons waarskuwing en versoek vir ’n vergadering, het minister Steenhuisen die regulasies toegeskryf aan “spiergeheue” van ’n vorige administrasie, en onderneem om aan ons terugvoering te gee nadat hy deur sy DG op hoogte gebring is. Die minister het tot dusver nóg terugvoering nóg ondernemings, dat die beleid teruggetrek of hersien sal word, verskaf.

Transformasiefondse

Die tweede wyse waarop minister Steenhuisen tot BEE bydra, is deur verskeie transformasiefondse te stig, direk ooreenkomstig AgriBEE.

Tussen Oktober 2024 en Januarie 2025 het die minister ten minste drie regulasies uitgevaardig om miljoene rande vir “transformasie” eenkant te sit, as deel van statutêre gewasheffings. Die heffings word op boere, handelaars, verpakkers, verwerkers, uitvoerders en ander in die waardekettings van drie gewasse gehef:

  • sojabone;
  • tafeldruiwe;
  • en gedroogde wingerdvrugte.

Elke regulasie wat deur minister Steenhuisen onderteken is, bepaal dat “ten minste 20% vir transformasie toegewys word.” Hy gee voorts opdrag dat hierdie transformasiefondse geadministreer moet word deur die aangewese bestaande bedryfsliggame, welke ook die res van die heffings ontvang vir doeleindes van hul bedryfsverwante aktiwiteite, soos bemarking, navorsing, ens.

Die minister se regulasies stem perfek ooreen met sy departement se AgriBEE Afdwingingsriglyne, wat spesifiseer dat bedryfsheffings as ’n “hefboom” vir transformasie gebruik moet word. Die afdwingingsriglyne bepaal dat daar “geen toestaan van statutêre maatreëls (d.w.s. gehefde fondse) aan nie-voldoenende entiteite/bydraers moet wees nie.” In gewone taal beteken dit dat bedryfsliggame verplig word om transformasiefondse te bedryf as hulle wil voortgaan om heffingsfondse te ontvang.

In teenstelling met ontkennings deur die departement en rolspelers in die bedryf die afgelope twee jaar, is daar inderdaad duidelike bewyse dat die departement van landbou sy AgriBEE-beleid in werking stel. Die beleid poog om landbou-aktiwiteit aan BEE-vereistes te onderwerp.

Hoewel daar verskille in omvang en struktuur is, herinner minister Steenhuisen se fondse aan die onlangsgesmousde R100 miljard Transformasiefonds van Minister Parks Tau by die departement van handel, nywerheid en mededinging, waar die plan ook is om die fonds met sakelui en die publiek se geld te finansier.

Sakeliga dien tans PAIA-versoeke by die departement van landbou in om meer inligting oor hierdie transformasiefondse te bekom en om te bepaal hoeveel ander sulke fondse bestaan. Ons weet van ten minste een soortgelyke praktyk deur die vorige minister, maar daar kan meer wees.

Sakeliga sal voortgaan om BEE-planne in landbou bloot te lê waar ons dit identifiseer en om hierdie skadelike ingrypings in die belang van florerende, waardegerigte landboubesigheid te weerstaan.

Lys van regulasies en skakels na publikasie

  1. Sojabone (GN R5815 in GG52021 op 31 Januarie 2025) – klik hier
  2. Gedroogde wingerdvrugte (GN R5707 in GG51775 op 20 Desember 2024) – klik hier
  3. Tafeldruiwe (GN R5471 in GG 51432 op 25 Oktober 2024) – klik hier