![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/10/Sakeliga-Letter-to-John-Steenhuisen_Oct-2024.jpg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2024/10/Sakeliga-Letter-to-John-Steenhuisen_Oct-2024.jpg",
"wpYear": "2024",
"wpMonth": "10",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
75298,
75308
],
"migratedAt": "2025-09-18T13:59:25.546Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 1085440
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/6icemMr1zNeIq3ZLYfxNa8/a20c1b21c8c6b63b979b2a76071b7186/Sakeliga-Letter-to-John-Steenhuisen_Oct-2024.jpg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
Minister Steenhuisen gevra om Departement van Landbou se BEE-planne en vereistes vir invoer en uitvoer terug te trek
Sakeliga het minister John Steenhuisen versoek om die Departement van Landbou se onlangs afgekondigde BEE-kriteria vir voorkeurtarief invoere en uitvoere, asook die departement se amptelike planne om BEE verpligtend te maak, terug te trek.
Op 3, 4 en 7 Oktober 2024 het mnr Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van die Departement van Landbou, drie regulasies hernu wat voorkeurtarief invoere en uitvoere van landbouprodukte aan BEE-kriteria onderwerp.
Die regulasies raak voorkeurtarief uitvoere van altesaam tot 200 000 ton landbouprodukte en 190 miljoen liter wyn na die EU en die Verenigde Koninkryk en Noord-Ierland; en invoere van tot 500 000 ton landbouprodukte en 9,5 miljoen liter wyn vanaf lidlande van die Wêreldhandelsorganisasie. Dit maak ‘n mindere dog betekenisvolle deel van die totale volume en waarde van Suid-Afrikaanse landbouhandel uit.
Die regulasies is in pas met die departement se amptelike en aanvanklik vertroulike beleid genaamd die AgriBEE Plan en die AgriBEE Enforcement Guidelines, wat Sakeliga verlede jaar verkry en openbaargemaak het. Die doel van hierdie staande beleide is om “nakoming deur sektorbelanghebbendes aan die transformasieprogram van die regering af te dwing” deur B-BBEE “‘n kwalifikasie en wetlike vereiste vir die Regering” te maak by die toestaan van lisensies en permitte, waterregte en ander konsessies, en die verkoop van staatsbates.
Die oorspronklike regulasies en AgriBEE-beleide dateer van voor die huidige minister se ampstermyn.
Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval
- Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
- Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
- Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet
In ons brief waarin ons die minister versoek om die regulasies en die BEE-beleide terug te trek, het ons hom ingelig oor Sakeliga en ons prokureurs se skakeling met die departement en sy voorgangers. Volharding in hierdie optrede deur die departement sal lei tot litigasie en skakeling met internasionale rolspelers, wat Sakeliga verkies om te vermy. Ons het dus ‘n vergadering met die minister versoek om ‘n aanvaarbare oplossing vir die regulasies, die AgriBEE Plan en die AgriBEE Enforcement Guidelines te bespreek. Ons reik ook met die oog op moontlike samewerking uit na landbou-organisasies wat voorheen kommer oor die regulasies uitgespreek het.
Die departement se regulasies en sy amptelike BEE-beleide is skadelik, onregmatig en in stryd met Suid-Afrika se internasionale handelsverpligtinge. In plaas daarvan om die ooreenkomste na te kom deur handelsversperrings met die EU, die Verenigde Koninkryk en Noord-Ierland en lede van die Wêreldhandelsorganisasie te verminder soos bedoel, misbruik die Suid-Afrikaanse regering sy administratiewe verpligtinge om rasgebaseerde handelsversperrings op te rig.
Gelukkig is die Plan en die Enforcement Guidelines nog nie oral en in hul volle omvang suksesvol geïmplementeer nie. Landbou-ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika bly sterk en kan met ferm weerstand teen hierdie soort skadelike pogings to regeringsinmenging so gehou word.
Vir Sakeliga se brief aan die Minister, klik hier.