|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/09/power-lines-g10b15db6d_1920.jpg",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2022/09/power-lines-g10b15db6d_1920.jpg",
  "wpYear": "2022",
  "wpMonth": "09",
  "wpPostCount": 6,
  "wpPostIds": [
    67755,
    62092,
    61999,
    56301,
    67753,
    62120
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T14:06:10.473Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 302474
}
[End WordPress Migration Data]

Verwyder obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit

23 September 2022

VERWYDER OBSTRUKSIES TOT ALTERNATIEWE ELEKTRISITEIT

Steun Hierdie SaakVermeld obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit

Waarom hierdie hofsaak?

Sakeliga ondersoek tans opsies vir regsaksie om obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit in Suid-Afrika uit die weg te ruim. Ons nooi sakelui en andere, wat konkrete behoeftes aan regsbystand op ‘n beginselgrondslag het, om ons te nader.

Die grootskaalse kragonderbrekings is ‘n mensgemaakte krisis. Die oorsaak van die krisis is obstruksie van privaat elektrisiteitsvoorsiening, gepleeg deur die staat op wetgewende en uitvoerende vlak. Sonder sulke obstruksies sou daar in Suid-Afrika, soos op baie plekke elders ter wêreld, voldoende energie wees en sou die vlak van voorspoed drasties hoër gewees het.

Die staande uitnodiging is gerig aan sakelui, ander lede van die publiek, of staatsorgane indien hulle konkrete pogings aanwend om alternatiewe elektrisiteit op te wek, te versprei, te verkoop, of aan te koop, maar deur onredelike of andersins onkonstitusionele obstruksies van wetgewende of uitvoerende aard verhoed word. Behoudens die advies van ons regspan, oor of die obstruksies inderdaad uit ‘n regsoogpunt onredelik of andersins onkonstitusioneel is, sal ons met sulke partye in gesprek tree om so spoedeisend moontlik regsaksie van stapel te stuur of ander ondersteuning te bied.

Saakbesonderhede

Status van saak: Ondersoekende fase

Saak begin: –

Tydlyn Van Gebeure

NUUTSTE NUUS EN STANDPUNTE OOR HIERDIE SAAK

Beurtkrag: Sakeliga-opname onthul besighede wil energie-onafhanklikheid op industriële skaal hê

Lees Meer »30 Augustus 2022

Sakeliga gekant teen nuwe stroomop petroleumwetsontwerp: bykomende energiesektorregulering is nadelig

Lees Meer »29 Julie 2022

Energie-onafhanklikheid word nie verleen nie, maar teruggeneem

Lees Meer »6 Mei 2022

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

HOFSTUKKE

Word jy verhinder om alternatiewe elektrisiteit op te wek, te versprei, te verkoop of te koop? Kontak ons sodat ons moontlik litigasie van stapel kan stuur.

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Het jy kapasiteit om krag op te wek en te verkoop, maar ondervind regsverwante uitdagings om dit te doen? Ja NeeWat is die grootste uitdaging? Stuur

Ander Litigasie

Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

LEES MEER »

Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

LEES MEER »

Stop lasvermindering

LEES MEER »

Sluit Aan