![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2024/11/WWNM_Theunis1.png",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2024/11/WWNM_Theunis1.png",
"wpYear": "2024",
"wpMonth": "11",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
75351,
75361
],
"migratedAt": "2025-09-18T13:59:24.051Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 1854044
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/6b8y6XbXeP6kWJvZwZkAmU/14c520ee9848906149c0d8a28f2db7bf/WWNM_Theunis1.png?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
Sakeliga ontvang skenking uit Wie Word ’n Miljoenêr
Sakeliga ontvang met dank ’n skenking van R10 000 vanaf Theunis Strydom en Wie Word ’n Miljoenêr.
Strydom, ’n sakejoernalis en biograaf, het Sakeliga genomineer as ontvanger van sy wengeld in ’n spesiale verjaardagaflewering van kykNET se Wie Word ’n Miljoenêr. In díe uitsending op 6 November 2024 kon deelnemers meeding ten bate van ’n verdienstelike organisasie sonder winsoogmerk van hul keuse.
Strydom het gesê hy nomineer Sakeliga danksy die goeie werk wat Sakeliga by gevalle van staatsverval doen en in besonder ons ingrepe om orde in dorpe met wanfunksionele munisipaliteite te herstel.
Sakeliga se Missie: Bou Skaalbare Oplossings Teen Staatsverval
- Sluit aan by duisende toegewyde, missie-gerigte befondsers
- Beskerm ons gemeenskappe teen ’n mislukkende staat
- Verseker ’n florerende ekonomie in die plek wat jy liefhet
Ons spreek Sakeliga se waardering vir hierdie skenking uit aan Strydom, kykNET en Wie Word ’n Miljoenêr. Strydom is ’n gesoute waarnemer van die sakeomgewing in Suid-Afrika en ons put uit sy nominasie aanmoediging om ons missie vir ’n florerende ekonomiese orde voort te sit.
Benewens sy ervaring as finansiële joernalis het Strydom in onlangse jare erkenning ontvang vir drie biografiese werke van merkwaardige sakelui en ondernemings. Sy mees onlangse boek (Oktober 2024) is Capitec: Stryd met die grotes, oor die opkoms en impak van hierdie ongewone bank met sy byna ongeëwenaarde groei. Vorige werke sluit in Koos Bekker’s Billions (2022) en Christo Wiese: Risiko en Rykdom (2019).