Skip to content
English|Afrikaans

LUISTER: Sakeliga beteken hofstukke oor Covid-gesondheidsregulasies

In vandag se Beleidsradar (ook op Sakekern, PretoriaFM uitgesaai) gesels Tian Alberts (Sakeliga Regsbeampte) met James Kemp (Pretoria FM) oor Sakeliga se dringende litigasie teen die gesondheidsregulasies wat op 4 Mei 2022 in werking gestel is.

Hierdie regulasies poog om regulasies wat onder die Covid-19-ramptoestand gegeld het, permanent te maak. Die regmatigheid van hierdie regulasies word uit verskeie oorde betwis. Die regulasies het reeds reusagtige teenstand ontlok en ongekende openbare deelname en kommentare is daaroor ingedien.

Sakeliga meen die huidige regulasies is onwettig en irrasioneel deur die minister gepromulgeer. Sakeliga se litigasie teen die regulasies sal aan die einde van Julie 2022 aangehoor word. Verskeie ander instellings sal in dieselfde week ook hulle sake voorhou. Sakeliga verwelkom dit. Hoe meer instellings die skadelike regulasies uit hul unieke hoeke teiken, hoe beter.

Lees ook Sakeliga se mediaverklaring in hierdie verband hier.

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.