|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/05/monitored-society.jpeg",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2022/05/monitored-society.jpeg",
  "wpYear": "2022",
  "wpMonth": "05",
  "wpPostCount": 2,
  "wpPostIds": [
    57369,
    57400
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T14:10:26.237Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 98328
}
[End WordPress Migration Data]

Skrap gesondheidsregulasies en verhoed gemoniteerde samelewing

20 Mei 2022

SKRAP GESONDHEIDS-REGULASIES, VERHOED GEMONITEERDE SAMELEWING

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Die Minister van Gesondheid se gesondheisregulasies van 4 Mei 2022, kragtens die Nasionale Gesondheidswet gemaak, het ‘n nuwe tydvak van staatsinmenging en gesondheidsmonitering ingelyf. Dit het gepoog om met kriminele strafmaatreëls besighede, kerke, skole, ekspo’s, stadions en ander entiteite in die burgerlike samelewing te dwing om mense in klasse op grond van inentingstatus te verdeel en tussen hulle te diskrimineer. Besighede is ingespan as moniteringsagente van die staat om diskriminerende gesondheidsmaatreëls teen hul wil op hul kliënte af te dwing.

Sakeliga is dadelik hof toe om die nuwe gesondheidsmoniteringsregime te takel en om te verhoed dat dit veranker word in verdere staatsbeleide. Weens die druk van Sakeliga en andere se hofsake teen die gesondheidsregulasies, het die Minister kort daarna die grootste en mees aanvegbare dele van sy 4 Mei-regulasies herroep. Die hofsaak duur egter voort, en fokus nou op die oorblywende regulasies en die onaanvaarbare skyn van ‘n openbare konsultasieprosesse wat gevolg is. Die voortgesette regsaksie blokkeer die regering voortaan om te probeer om gesondheidmoniteringsmaatreëls op besighede, kerke, skole en andere af te dwing.

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief

Saak begin: 19 Mei 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria

Volgende hofdatum: Onbekend. Die saak is van die dringende rol verwyder aangesien die Minister sy regulasies herroep het.

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

11 Augustus 2022

​Sakeliga se regspan skryf ‘n brief aan die Minister se regspan, en eis dat die verklaring van Prof Karim onttrek word. Die verklaring is irrelevant tot die aanvanklike rekord van besluitneming wat die Minister geliasseer het.

13 Julie 2022

​Sakeliga liasseer ‘n repliserende verklaring in die saak, en antwoord hiermee op die Minister se antwoordende verklaring van 22 Junie.

22 Junie 2022

​Die Minister van Gesondheid liasseer ‘n antwoordende verklaring in die saak, net nadat hy die grootste dele van sy regulasies herroep het.

8 Junie 2022

​Sakeliga liasseer ’n gewysigde kennisgewing van mosie en aanvullende funderende eedsverklaring, nadat die teenkant se rekord van besluitneming ingevolge Reël 53 van die hofreëls gelewer, oorweeg is

25 Mei 2022

​Sakeliga ontvang die respondente se rekord van besluitneming kragtens die hofreëls. Die rekord openbaar dat ‘n minagtende konsultasieproses deur die Departement van Gesondheid gevolg is en dat die Minister die advies van sy eie adviseurs ignoreer het toe hy die regulasies gemaak het.

19 Mei 2022

Sakeliga beteken hofstukke aan die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, President Cyril Ramaphosa en andere. Sakeliga vra die hof om die gesondheidsregulasies wat Minister Phaahla op 4 Mei 2022 oornag gepromulgeer het, onwettig en ongrondwetlik te verklaar en ter syde te stel.

13 Mei 2022

Sakeliga skryf aan die Minister en eis dat die regulasies van 4 Mei 2022 teen 18 Mei onttrek moet word.

4 Mei 2022

​Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, promulgeer oornag gesondheidsregulasies wat sterk inbreuk maak op instellings en mense se vryhede en regte.

HOFSTUKKE

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

Ander Aktiewe Litigasie

Sakeliga verwerp Sahpra se BEE-voorwaardes vir mediese produkte

LEES MEER »

Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

LEES MEER »

NUUTSTE MET HIERDIE SAAK

Gesondheidsregulasies-hofsaak openbaar minagtende konsultasiebenadering

Lees meer »28 Mei 2022

Sakeliga dringend hof toe oor gesondheidsregulasies

Lees meer »20 Mei 2022

Sakeliga gereed vir litigasie oor gesondheidsregulasies

Lees meer »13 Mei 2022

Departement van Gesondheid se voorgestelde regulasies moet in geheel laat vaar word

Lees meer »29 April 2022

Lees Meer

Sluit Aan