VERSNEL DRASTIESE INGREPE BY DITSOBOTLA-MUNISIPALITEIT
Waarom hierdie dringende hofaansoek?
Dienslewering, insluitend watervoorsiening, het in September 2022 tot ’n stistand geknars in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes (Lichtenburg en Coligny). Sakeliga, in samewerking met plaaslike vennote, het toegetree om drastiese versnelling mee te bring van die strategiese munisipale litigasie wat reeds onderweg is is en waarmee Sakeliga regspraak vir toepassing dwarsoor die land wil skep. Hierdie saak, waarin Sakeliga reeds ’n gunstige hofbevel in die eerste been van die aansoek bekom het, poog om Ditsobotla se plaaslike staatsverval tot die hoogste vlak van ingryping waarvoor die Grondwet voorsiening maak te eskaleer en leiding te bied in die skepping van regspraak waarmee die probleem, op den duur, volhoubaar opgelos kan word.
Kern aan die regshulp wat Sakeliga vra is magtiging vir gemeenskapsinstansies om self noodingrepe te doen en dat Sakeliga en ons vennote toesig mag hou oor die regering se ingrepe.
Saakbesonderhede
Status van saak: Aktief; dringende aansoek
Saak begin: 7 Oktober 2022
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng
Volgende hofdatum: Te bepaal d.m.v. saakbestuur.
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
Prokureurs vir Sakeliga stuur ‘n brief aan die Regter-President van die hooggeregshof en vra vir ‘n dringende saakbestuurvergadering sodat die saak dringend weer terug op spoor kan kom.
Vroegoggend op die 23ste Maart word Sakeliga se regspan gekonfronteer met die realiteit van verskeie ander aansoeke wat ook voor dieselfde hof geplaas is, en wat meeste van die hof se tyd daardie twee dae in beslag sal neem. Verdere eedsverklarings deur onder andere die Minister van Finansies en die Ditsobotla Munisipaliteit wat ter elfder uur die aand voor die tyd geliasseer is, maak ‘n uitstel van die saak onvermydelik.
Na aanleiding van die plaaslike munisipaliteit se versuim om aan die bevel in Deel A te voldoen, bekom Sakeliga ‘n verdere bevel in Deel A om die distriksmunisipaliteit te verplig om teen 17 Maart 2023 die watertoevoer te herstel en op daardie datum aan die hof verslag te doen daaroor.
Die Hooggereshof beveel dat die September 2022 dringende aansoek saam met Sakeliga se reeds hangende aansoek om die aanstelling van ‘n betaalmeester, op 23 en 24 Maart 2023 aangehoor moet word. Dit is ‘n spesiale allokasie.
18 November 2022
Die saak word hervat voor die hof, vir die aanhoor van submissies oor die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel van 13 Oktober en met die oog op ‘n gewysigde deel A-bevel wat Sakeliga se reeds verkreë regshulp versterk. Deel B van die aansoek moet ook aangehoor word.
Die regter is egter van mening dat hy nie die saak kan aanhoor nie en verwys die saak na ‘n ander waarnemende regter. Die waarnemende regter neem op daardie stadium egter nie meer waar nie, en spesiale direktiewe moet eers by die regterpresident van die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof bekom word voor die saak verder geneem kan word.
Die administrateur en provinsiale regering bly steeds in versuim om die waterkrisis op te los soos die bevel in Deel A van die hofsaak vereis.
Deel B van die hofaansoek word aangehoor, maar staan oor na ‘n toekomstige datum as gevolg van die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel. Die regter verdaag die hof sodat die regering se onderskeie regspanne eenstemmigheid kan bereik onder mekaar oor hoe die regering hul nie-voldoening aan die Deel A-bevel aan die hof kon verduidelik, en watter moontlike ooreenkoms met Sakeliga gemaak kon word.
Deel A van die hofsaak teen die regering, wat handel met die herstel van watertoevoer word aangehoor. Die hof lewer op dieselfde dag uitspraak in die Deel A-been van die aansoek. Die hof beveel in Sakeliga se guns dat die administrateur watertoevoer moet verseker ooreenkomstig die gemeenskap se behoeftes. Die hof beveel ook dat Sakeliga ‘n toesigrol mag uitoefen oor die herstel van waterdienste.
Sakeliga loods ‘n dringende hofaansoek in die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof. Sakeliga word bygestaan deur twee mede-applikante, ‘n openbare belang-organisasie en ‘n plaaslike sakeman.
‘n Vergadering vind plaas tussen Sakeliga en verteenwoordigers van die provinsiale regering (Noordwes) en nasionale regering. Die regering bied geen onderneming dat kritieke dienste soos watertoevoer binne die komende dae herstel sal word nie en bied slegs vae ondernemings oor wanneer ‘n administrateur aangewys sal word en munisipale werkers sal terugkeer na hul poste.
23 September 2022
Sakeliga stuur ‘n aanmaning aan die Noordwes provinsiale regering, die nasionale regering en president en eis ‘n dringende vergadering met verteenwoordigers van die regering oor die humanitêre en konstitusionele krisis in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit. Sakeliga eis ook, onder andere, dat verpligte nasionale ingrepe kragtens artikel 139(7) van die Grondwet gedoen word, en ‘n administrateur dadelik aangestel word.
Sakeliga vergader met sakekamers, sakelui en andere in die geaffekteerde areas om meer besonderhede te bekom oor die aangeleentheid.
Steun hierdie saak
Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?
Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun
Ander Aktiewe Litigasie
Inperkingsdeursigtigheid: Sakeliga dien aansoek vir minagting teen COGTA minister in
Lisensieraad vir Lugdienste win regsadvies in oor hul onwettige BEE-vereistes
NUUTSTE MET HIERDIE SAAK
Sakeliga neem stappe teen staat se vertragings in munisipale verval-hofsake
Lees meer »29 Maart 2023
Nóg dringende regshulp in Sakeliga se guns in Ditsobotla, maar groot geveg lê nog voor
Lees meer »10 Maart 2023
Lichtenburg munisipale krisis: regering bly in versuim, Sakeliga verskerp regstappe
Lees meer »11 November 2022
Sakeliga vra dringende hofbevel om waterdienste te herstel en nasionale regering te dwing om by Lichtenburg in te gryp
| 24 Maart 2023 | Prokureurs vir Sakeliga stuur 'n brief aan die Regter-President van die hooggeregshof en vra vir 'n dringende saakbestuurvergadering sodat die saak dringend weer terug op spoor kan kom. |
|---|---|
| 23 Maart 2023 | Vroegoggend op die 23ste Maart word Sakeliga se regspan gekonfronteer met die realiteit van verskeie ander aansoeke wat ook voor dieselfde hof geplaas is, en wat meeste van die hof se tyd daardie twee dae in beslag sal neem. Verdere eedsverklarings deur onder andere die Minister van Finansies en die Ditsobotla Munisipaliteit wat ter elfder uur die aand voor die tyd geliasseer is, maak 'n uitstel van die saak onvermydelik. |
| 7 Maart 2023 | Na aanleiding van die plaaslike munisipaliteit se versuim om aan die bevel in Deel A te voldoen, bekom Sakeliga 'n verdere bevel in Deel A om die distriksmunisipaliteit te verplig om teen 17 Maart 2023 die watertoevoer te herstel en op daardie datum aan die hof verslag te doen daaroor. |
| 13 Februarie 2023 | Die Hooggereshof beveel dat die September 2022 dringende aansoek saam met Sakeliga se reeds hangende aansoek om die aanstelling van 'n betaalmeester, op 23 en 24 Maart 2023 aangehoor moet word. Dit is 'n spesiale allokasie. |
| 18 November 2022 | Die saak word hervat voor die hof, vir die aanhoor van submissies oor die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel van 13 Oktober en met die oog op ‘n gewysigde deel A-bevel wat Sakeliga se reeds verkreë regshulp versterk. Deel B van die aansoek moet ook aangehoor word. Die regter is egter van mening dat hy nie die saak kan aanhoor nie en verwys die saak na 'n ander waarnemende regter. Die waarnemende regter neem op daardie stadium egter nie meer waar nie, en spesiale direktiewe moet eers by die regterpresident van die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof bekom word voor die saak verder geneem kan word. |
| 10 November 2022 | Die administrateur en provinsiale regering bly steeds in versuim om die waterkrisis op te los soos die bevel in Deel A van die hofsaak vereis. Deel B van die hofaansoek word aangehoor, maar staan oor na 'n toekomstige datum as gevolg van die regering se nie-voldoening aan die deel A-bevel. Die regter verdaag die hof sodat die regering se onderskeie regspanne eenstemmigheid kan bereik onder mekaar oor hoe die regering hul nie-voldoening aan die Deel A-bevel aan die hof kon verduidelik, en watter moontlike ooreenkoms met Sakeliga gemaak kon word. |
| 13 Oktober 2022 | Deel A van die hofsaak teen die regering, wat handel met die herstel van watertoevoer word aangehoor. Die hof lewer op dieselfde dag uitspraak in die Deel A-been van die aansoek. Die hof beveel in Sakeliga se guns dat die administrateur watertoevoer moet verseker ooreenkomstig die gemeenskap se behoeftes. Die hof beveel ook dat Sakeliga 'n toesigrol mag uitoefen oor die herstel van waterdienste. |
| 7 Oktober 2022 | Sakeliga loods 'n dringende hofaansoek in die Noordwes-afdeling van die Hooggeregshof. Sakeliga word bygestaan deur twee mede-applikante, ‘n openbare belang-organisasie en ‘n plaaslike sakeman. |
| 30 September 2022 | 'n Vergadering vind plaas tussen Sakeliga en verteenwoordigers van die provinsiale regering (Noordwes) en nasionale regering. Die regering bied geen onderneming dat kritieke dienste soos watertoevoer binne die komende dae herstel sal word nie en bied slegs vae ondernemings oor wanneer 'n administrateur aangewys sal word en munisipale werkers sal terugkeer na hul poste. |
| 23 September 2022 | Sakeliga stuur 'n aanmaning aan die Noordwes provinsiale regering, die nasionale regering en president en eis 'n dringende vergadering met verteenwoordigers van die regering oor die humanitêre en konstitusionele krisis in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit. Sakeliga eis ook, onder andere, dat verpligte nasionale ingrepe kragtens artikel 139(7) van die Grondwet gedoen word, en 'n administrateur dadelik aangestel word. |
| 20 September 2022 | Sakeliga vergader met sakekamers, sakelui en andere in die geaffekteerde areas om meer besonderhede te bekom oor die aangeleentheid. |
| 24 March 2023 | Attorneys for Sakeliga send a letter to the Judge-President of the High Court and ask for an urgent case management meeting so that the case can urgently get back on track. |
|---|---|
| 23 March 2023 | Early in the morning on the 23rd of March, Sakeliga's legal team is confronted with the reality of several other applications that have also been placed before the same court, and which will seize the court for most of the two days allocated for Sakeliga's cases. Further affidavits by the Minister of Finance and the Ditsobotla Municipality, which were filed at the eleventh hour the night before, make a postponement of the case inevitable. |
| 7 March 2023 | Following the local municipality's failure to comply with the order in Part A, Sakeliga obtains a further order in Part A to compel the district municipality to restore the water supply by 17 March 2023 and to report back to court under oath on the same day. |
| 13 February 2023 | The High Court orders that the September 2022 urgent application must be heard together with Sakeliga's already pending application for the appointment of a paymaster on 23 and 24 March 2023. This is a special allocation. |
| 7 March 2023 | Following the local municipality's failure to comply with the order in Part A, Sakeliga obtains a further order in Part A to compel the district municipality to restore the water supply by 17 March 2023 and to report back to the court on that date. |
| 18 November 2022 | The case is resumed before the court for the hearing of submissions about the government's non-compliance with the part A order of 13 October and with a view to an amended part A order which strengthens Sakeliga's already obtained remedies in part A. Part B of the application must also be heard. However, the judge declares that he cannot hear the case because the same judge who heard the Part A application should preside over the present matter. The court adjourns. |
| 10 November 2022 | The administrator and provincial government remain in failure to resolve the water crisis as required by the order in Part A of the court case. Part B of the court application is set down for hearing, but is adjourned to a future date due to the government's non-compliance with the part A order. The judge adjourns the court so that the government's respective legal teams can reach consensus among themselves on how the government could explain their non-compliance with the Part A order to the court, and what possible agreement could be made with Sakeliga. |
| 13 October 2022 | Part A of the court case against the government, which deals with the restoration of water supply, is heard. The court delivers judgment in Part A of the application on the same day. The court orders in Sakeliga's favor that the administrator must ensure water supply in accordance with the community's needs. The court also orders that Sakeliga may exercise a supervisory role over the restoration of water services. |
| 7 October 2022 | Sakeliga launches an urgent court application in the North West Division of the High Court. Sakeliga is assisted by two co-applicants, a public interest organisation and a local businessman. |
| 30 September 2022 | A meeting takes place between Sakeliga and representatives of the provincial government (North West) and national government. The government offers no undertaking that critical services such as water supply will be restored within the coming days and offers only vague undertakings as to when an administrator will be appointed and municipal workers will return to their jobs. |
| 23 September 2022 | Sakeliga sends a letter of demand to the North West provincial government, the national government and president and demands an urgent meeting with representatives of the government regarding the humanitarian and constitutional crisis in the Ditsobotla local municipality. Sakeliga also demands, among other things, that mandatory national interventions be carried out under section 139(7) of the Constitution, and an administrator be appointed immediately. |
| 20 September 2022 | Sakeliga meets with chambers of commerce, businesspeople and others in the affected areas to obtain more details about the matter. |
Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker
Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.
