![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2025/02/50057959533_e89f651dba_b-copy.jpg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2025/02/50057959533_e89f651dba_b-copy.jpg",
"wpYear": "2025",
"wpMonth": "02",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
75696,
75703
],
"migratedAt": "2025-09-18T13:59:16.758Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 408105
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/1ZbBVMIVhMbaDO87pm3ZfS/7131b41ba3e0cd95185d85832691a2e1/50057959533_e89f651dba_b-copy.jpg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
Verklaring oor president Donald Trump se uitvoerende bevel
President Donald Trump se uitvoerende bevel is ’n reguit bestekopname van die Suid-Afrikaanse regering se skadelike geskiedenis en toekomstige beleidsrigting.
Die Trump-administrasie se besorgdheid strook met díe van internasionale en plaaslike ondernemings wat hulself om elke hoek en draai in rassevereistes oor eienaarskap, transaksies, indiensname, lisensiëring, en selfs welwillendheid vasloop. Suid-Afrika slaan nou jare lank al verkeerde koers in en stuur, tensy daar hervorming kom, op ’n krisis af.
Ons waarsku teen wat voorkom planne te wees by sekere groepe om die Trump-administrasie te oortuig dat alles in Suid-Afrika onderliggend eintlik op orde is. Inhoudelike internasionale meningsverskille word nie met openbarebetrekkinge-veldtogte opgelos nie.
Dit is Sakeliga se staande beleid om buitelandse missies en besighede met insig in plaaslike ekonomiese aangeleenthede te ondersteun, ter bevordering van wedersyds voordelige betrekkinge. Ons sal hierdie aanbod ook aan die Verenigde State se nuwe administrasie doen.
Intussen sal ons skakeling met die Suid-Afrikaanse regering deur sowel gesprek as litigasie voortsit. As ’n onafhanklike organisasie sonder winsoogmerk bly ons toegewy daaraan om ’n gunstige sakeomgewing hier plaaslik te skep, in die gemeenskaplike belang.
Dit is ons missie, en ons beplan om te slaag.