|
sakeliga residential estate south africa

BEE vir Eiendomspraktisyns

Die gewysigde Wet op Eiendomspraktisyns verplig alle eiendomspraktisyns om 'n BEE-sertifikaat in te dien as voorvereiste om te mag praktiseer. Praktisyns wat nie aan BEE wil of kan deelneem nie moet k

Aan die Gang

Oor hierdie saak

Die gewysigde Wet op Eiendomspraktisyns verplig alle eiendomspraktisyns om 'n BEE-sertifikaat in te dien as voorvereiste om te mag praktiseer. Praktisyns wat nie aan BEE wil of kan deelneem nie moet kostes aangaan om 'n sertifikaat te bekom wat hul BEE-deelname bevestig. Die nuwe Wet veroorsaak dus BEE-verwante uitgawes selfs vir nie-deelnemers aan BEE, en maak die deur oop vir nog meer omvattende BEE-dwang in die industrie. Sakeliga maak gereed om dele van die Wet op Eiendomspraktisyns wat BEE verplig, onwettig en ongrondwetlik te laat verklaar. Sakeliga is gekant teen BEE, veral waar dit ingespan word as ’n vereistes om enigsins ’n beroep of professie te mag beoefen. Litigasie is in hierdie geval nodig om die skakel tussen BEE en sertifisering vir eiendomspraktisyns te breek. Sakeliga en andere wat daartoe bygedra het, het reeds 'n oorwinning vanjaar behaal deur die Reguleringsraad vir Eiendomspraktisyns te dwing om 'n beleid om 'n sekere vlak van BEE-nakoming van praktisyns te vereis, af te skaf.

Saak Tydlyn

Litigasie: Hooggeregshof

Ontwikkeling

Ondersoek

Saak ontdekking

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.