![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/09/binding-contract-g3b499a953_1920-1536x1024.jpg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2022/09/binding-contract-g3b499a953_1920-1536x1024.jpg",
"wpYear": "2022",
"wpMonth": "09",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
61999,
55516
],
"migratedAt": "2025-09-18T14:09:19.081Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 181929
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/2XN5AJ3FHTtaqdy2vohlc3/2627ed71967ecb6d7a4be1c79f34bc9b/binding-contract-g3b499a953_1920-1536x1024.jpg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
BEE in Openbare Verkrygingsregulasies
Staatverkrygingsregulasies in 2017 deur die Minister van Finansies gemaak het ’n waterskeiding in verkryging en BEE in Suid-Afrika beteken. Vóór 2017 kon maatskappye wat vir die staat getender het op
Oor hierdie saak
Staatverkrygingsregulasies in 2017 deur die Minister van Finansies gemaak het ’n waterskeiding in verkryging en BEE in Suid-Afrika beteken. Vóór 2017 kon maatskappye wat vir die staat getender het op die meeste 10% tot 20% gepenaliseer word indien hulle nie aan BEE-vereistes voldoen het nie. Dit was skadelik genoeg. Sedert die 2017-regulasies het staatsorgane egter veel verder gegaan: tendervereistes het begin om maatskappye by voorbaat uit te sluit, op grond van BEE-kriteria soos indien ’n maatskappy byvoorbeeld nie 100% in swart besit was nie. Na ’n regstryd van 5 jaar kon Sakeliga die minister se 2017-regulasies ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar, met die finale bevel in die Konstitusionelehof. Die oorwinning is die eerste omvattende terugrol van BEE deur litigasie behaal. Die Konstitusionele Hof het op 16 Februarie 2022 in Sakeliga se guns bevind dat die Minister van Finansies, destyds Pravin Gordhan, ultra vires (buite magte) opgetree het, deur te reguleer asof hy wetgewende bevoegdheid gehad het. Die oorwinning volg op Sakeliga se vroeëre sukses in die aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl. • Die hofsaak is een van die mees invloedryke hofsake oor staatsaangeleenthede in die laaste drie dekades. • Die onafhanklikheid van staatsorgane om hul eie verkrygingsbeleide – met of sonder BEE en ander politieke oorwegings – te bepaal en waarde-vir-geld verkryging te onderneem, is herstel. • Die uitspraak het verkrygingspraktisyns op alle vlakke genoop om staatsverkryging te herdink en te fokus op waarde vir geld • Die momentum van die regering om BEE en ander politieke vereistes in staatsverkryging te versterk, is gebreek.
