|

Verhoed elektrisiteitskortings vir betalende eindgebruikers

Die feite van hierdie saak het oorsprong in ernstige wanbestuur by die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit (Witbank) en die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit (Lydenburg), sowel as die onvermoë van
Gewen
Oor hierdie saak

Die feite van hierdie saak het oorsprong in ernstige wanbestuur by die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit (Witbank) en die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit (Lydenburg), sowel as die onvermoë van die Nasionale Tesourie om daar in te gryp. Die bankrot munisipaliteie kon nie hul debiteurverpligtinge teenoor Eskom nakom nie, en Eskom het besluit om elektrisiteitstoevoer aan die munisipaliteite te staak. Indien Eskom onverpoosd sou kon voortgaan, sou dit die weg baan na betalende eindgebruikers wat landswyd skade ly weens staatsverval en die dispute tussen staatsorgane. Sakeliga het toegetree as amicus curiae (vriend van die hof) en oor die verloop van twee jaar regsargumente ontwikkelwat die Hooggeregshof in Pretoria as “nuut” en “deurslaggewend” beskryf het. Die vernaamste van die argumente sluit in bepalings oor interregeringsgeskilbeslegting; die noodsaak van rasionele skuldinvorderingsmetodes; en die status van ondernemings en die publiek as die werklike eindgebruikers van elektrisiteit, eerder as, soos Eskom aangevoer het, munisipaliteite. • Die uitspraak bied elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak, omdat die uitspraak verhoed dat Eskom eindgebruikers se krag afsny as ‘n taktiek om munisipale skuld te verhaal. • Die uitspraak verminder dit die impak van staatsverval, omdat die uitspraak alle staatsinstellings – en nie net Eskom en munisipaliteite nie – verplig om interregeringsgeskilbeslegting te volg eerder as om betalende private, derdepartye te benadeel.

Saak Tydlyn

Saak gewen

Litigasie: Konstitusionele Hof

Litigasie: Appèlhof

Litigasie: Hooggeregshof

home-cta-image

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.