VERHOED MONOPOLISERING VAN DIENSLEWERING DEUR MUNISIPALITEITE (SALGA-SAAK)
Waarom hierdie hofsaak?
Sakeliga het aan sy prokureurs instruksie gegee om aansoek te doen vir toevoeging as amicus curiae (vriend van die hof) in ‘n hofsaak waarin die applikant, SALGA, vra vir ‘n verklarende bevel dat munisipaliteite eksklusiewe reg geniet om elektrisiteit binne hul jurisdiksies te versprei. Sakeliga is gekant teen die proposisie dat munisipaliteite sodanige eksklusiewe regte geniet om sonder uitsondering middelman te wees in die voorsiening en verspreiding van elektrisiteit landswyd.
Sakeliga stem nie saam met die konstitusionaliteit van so ’n aanspraak nie en ook nie met SALGA se interpretasie van die Grondwet en wetgewing nie, en sal submissies daaroor voor die hof maak. Meer belangrik, egter, is dat die monopolie op elektrisiteitsvoorsiening wat SALGA deur hofprosesse vir munisipaliteite wil bewerk, groot skade kan inhou vir eindgebruikers in vervalle munisipaliteite waar die munisipaliteite tans eenvoudig nie vir Eskom betaal nie. Sakeliga staan daarom die saak teen.
Saakbesonderhede
Sakeliga as voorgenome amicus curiae (vriend van die hof) in die saak tussen SALGA v ESKOM Holdings SOC and Others
Status van saak: Aktief
Saak begin: 25 Oktober 2021
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
Eskom liasseer ‘n opponerende verklaring in die saak. Teen hierdie tyd het meeste van die privaat-entiteite wat as respondente gevoeg is, kennis gegee dat hulle by die uitspraak van die hof gaan hou.
Sakeliga skryf aan SALGA se prokureurs (SALGA het intussen van regspan verwissel), en dui aan dat Sakeliga gaan aansoek doen as amicus curiae in die saak.
25 – 29 Oktober 2021
Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit
Steun hierdie saak
Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?
Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun
Ander Aktiewe Litigasie
Stel betaalmeester aan in munisipaliteite in Noord-Wes (Betaalmeester-saak)
Staak onreëlmatige munisipale geldinvordering deur derde party (Ideal Prepaid)
Sakeliga staan nuwe poging vir monopolisering van dienslewering teen
Lees meer »11 Januarie 2022
| 1 Augustus 2022 | Eskom liasseer 'n opponerende verklaring in die saak. Teen hierdie tyd het meeste van die privaat-entiteite wat as respondente gevoeg is, kennis gegee dat hulle by die uitspraak van die hof gaan hou. |
|---|---|
| 1 Mei 2022 | Sakeliga skryf aan SALGA se prokureurs (SALGA het intussen van regspan verwissel), en dui aan dat Sakeliga gaan aansoek doen as amicus curiae in die saak. |
| 27 Oktober 2021 | Sakeliga se prokureurs skryf aan SALGA se regspan en vra vir toegang tot die saaklêer. |
| 25 - 29 Oktober 2021 | Die volgende respondente liasseer kennisgewings van opponering: Eskom, Sasol, Damplaas, en AECI. |
| 25 Oktober 2021 | Kennisgewing van mosie en funderende verklaring word deur SALGA by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. |
| 1 August 2022 | Eskom files an opposing affidavit in the case. At this time, most of the private entities joined as respondents have given notice that they will abide by the court's ruling. |
|---|---|
| 1 May 2022 | Sakeliga writes to SALGA's lawyers (SALGA has meanwhile changed its legal team), and indicates that Sakeliga will apply as amicus curiae in the case. |
| 27 October 2021 | Sakeliga's attorneys write to SALGA's legal team and ask for access to the case file. |
| 25 - 29 October 2021 | The following respondents file notices of opposition: Eskom, Sasol, Damplaas, and AECI. |
| 25 October 2021 | Notice of motion and founding statement filed by SALGA at the High Court in Pretoria. |
Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker
Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.
