Skip to content
English|Afrikaans

Staak onreëlmatige munisipale geldinvordering deur derde party (Ideal Prepaid)

IDEAL PREPAID-SAAK (NOORD-WES)

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Hierdie is ‘n aansoek wat reeds aan die einde van 2019 gebring is en waar Sakeliga op ‘n dringende basis ‘n tussentydse bevel teen die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit bekom het (Deel A van die aansoek) om te keer dat laasgenoemde munsipale diensleweringfooie in die rekening van ‘n nie-staatsorgaan (Ideal Prepaid) ontvang. Hierdie optrede is belangrik, aangesien Ideal Prepaid se ontvangs van munsipale diensleweringfooie ten koste van die gemeenskap geskied.

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief

Saak begin: 3 Oktober 2019

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

Die Respondente het nie aan die bevel van 29 Maart voldoen nie, en Sakeliga gaan voort met ‘n aansoek om die respondente se verweer finaal te skrap.

Die munisipale bestuurder bly steeds in gebreke om sy rekord van besluitneming kragens die hofreëls te liasseer, en Sakeliga bring ‘n aansoek in die Hooggeregshof in Mahikeng om die respondente se verweer te skrap sodat die saak in Sakeliga se guns beslis kan word.

Die munisipale bestuurder van Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit lewer ‘n foutiewe (ongetekende) beëdigde verklaring om te verduidelik dat sommige van die rekords wat gelewer moet word deur die munisipale bestuurder, nie bestaan nie. Na ‘n skrywe van Sakeliga se regspan, word ‘n geldige beëdigde verklaring gelewer.

Na verskeie vertragings veroorsaak deur die respondente in die saak, onder andere versuim om hul rekord van besluitneming te lewer soos die hofreëls bepaal, verleen Sakeliga ‘n laaste uitstel aan die respondente om teen 4 Junie hul rekord van besluitneming te lewer.

Sakeliga ontvang uitspraak in sy guns ten opsigte van Deel A van die aansoek — ‘n interdik teen die Kgetlengrivier Munisipaliteit en Ideal Prepaid. Lees die uitspraak hier. Die interdik word toegestaan hangende deel B van die aansoek.

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

Ander Aktiewe Litigasie

Hof bevind Sakeliga se Ouditeur-Generaal aansoek prysenswaardig, maar wetswysigings noodsaak langer proses

LEES MEER »

Stop lasvermindering

LEES MEER »

Versnel drastiese ingryping by Ditsobotla-munisipaliteit

LEES MEER »

20 Desember 2022Die skrappingsaansoek word suksesvol op Ideal Prepaid en die munisipaliteit beteken.
31 Mei 2022Die Respondente het nie aan die bevel van 29 Maart voldoen nie, en Sakeliga gaan voort met 'n aansoek om die respondente se verweer finaal te skrap.
26 April 2022Die bevel van 29 Maart word op die respondente beteken en hulle het 21 dae om aan die bevel te voldoen.
29 Maart 2022Die Hooggeregshof in Mahikeng beslis dat hulle nie op hierdie stadium al bereid is om die respondente se verweer te skrap nie, en bied geleentheid vir die respondente om binne 21 dae hul volledige rekord van besluitneming kragtens die hofreëls te liasseer.
14 Desember 2021Die munisipale bestuurder bly steeds in gebreke om sy rekord van besluitneming kragens die hofreëls te liasseer, en Sakeliga bring 'n aansoek in die Hooggeregshof in Mahikeng om die respondente se verweer te skrap sodat die saak in Sakeliga se guns beslis kan word.
26 Augustus 2021Sakeliga se regspan skryf aan die munisipale bestuurder se regspan om daarop te wys dat die rekords wat gelewer is kragtens die hofreëls, nie volledig is nie en dat die munisipale bestuurder in gebreke bly om aan die hofreëls te voldoen.
10 Junie 2021Die munisipale bestuurder van Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit lewer 'n foutiewe (ongetekende) beëdigde verklaring om te verduidelik dat sommige van die rekords wat gelewer moet word deur die munisipale bestuurder, nie bestaan nie. Na 'n skrywe van Sakeliga se regspan, word 'n geldige beëdigde verklaring gelewer.
26 Mei 2021Na verskeie vertragings veroorsaak deur die respondente in die saak, onder andere versuim om hul rekord van besluitneming te lewer soos die hofreëls bepaal, verleen Sakeliga 'n laaste uitstel aan die respondente om teen 4 Junie hul rekord van besluitneming te lewer.
1 November 2019Sakeliga ontvang uitspraak in sy guns ten opsigte van Deel A van die aansoek -- 'n interdik teen die Kgetlengrivier Munisipaliteit en Ideal Prepaid. Lees die uitspraak hier. Die interdik word toegestaan hangende deel B van die aansoek.
3 Oktober 2019Sakeliga liasseer hofstukke by die Hooggeregshof in Mahikeng en loods hiermee die saak.
20 December 2022The application to scrap is successfully served on Ideal Prepaid and the municipality.
31 May 2022The Respondents failed to comply with the March 29 order, and Sakeliga persists with an application to finally scrap the respondents' defense.
26 April 2022The order of March 29 is served on the respondents and they have 21 days to comply with the order.
29 March 2022The High Court in Mahikeng decides that they are not prepared to entirely scrap the respondents' defense at this stage, and provides an opportunity for the respondents to file their complete record of decision-making in terms of the court rules within 21 days.
14 December 2021The municipal manager persists in failing to file his record of decision-making in terms of the court rules, and Sakeliga brings an application in the High Court in Mahikeng to scrap the respondents' defence so that the court can proceed with judgment in Sakeliga's favour.
26 August 2021Sakeliga's legal team writes to the municipal manager's legal team to point out that the records provided as per the court rules are not complete and that the municipal manager remains in failure to comply with the court rules.
10 June 2021The municipal manager of Kgetlengrivier Local Municipality files an erroneous (unsigned) affidavit to explain that some of the records to be rendered by the municipal manager do not exist. Following a letter from Sakeliga's legal team, a valid affidavit is filed.
26 May 2021After several delays caused by the respondents in the case, including failure to deliver their record of decision making as required by the court rules, Sakeliga grants a final postponement to the respondents to deliver their record of decision making by 4 June.
1 November 2019Sakeliga obtains judgment in its favor in respect of Part A of the application - an interdict against the Kgetlengrivier Municipality and Ideal Prepaid. The interdict is granted pending part B of the application.
3 October 2019Sakeliga files court papers at the High Court in Mahikeng and hereby launches the case.

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.