![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/05/Smart-Electricity-Power-Meter-technology.jpeg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2022/05/Smart-Electricity-Power-Meter-technology.jpeg",
"wpYear": "2022",
"wpMonth": "05",
"wpPostCount": 8,
"wpPostIds": [
73091,
65407,
61265,
56287,
56378,
73109,
65410,
56741
],
"migratedAt": "2025-09-18T13:59:44.920Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 42704
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/7g0wPobMmirYll461X9jqO/52c29b4fe894d221f423164861d67197/Smart-Electricity-Power-Meter-technology.jpeg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
Staak onreëlmatige munisipale geldinvordering deur derde party (Ideal Prepaid)
IDEAL PREPAID-SAAK (NOORD-WES)
Waarom hierdie hofsaak?
Hierdie is ‘n aansoek wat reeds aan die einde van 2019 gebring is en waar Sakeliga op ‘n dringende basis ‘n tussentydse bevel teen die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit bekom het (Deel A van die aansoek) om te keer dat laasgenoemde munsipale diensleweringfooie in die rekening van ‘n nie-staatsorgaan (Ideal Prepaid) ontvang. Hierdie optrede is belangrik, aangesien Ideal Prepaid se ontvangs van munsipale diensleweringfooie ten koste van die gemeenskap geskied.
Saakbesonderhede
Status van saak: Aktief
Saak begin: 3 Oktober 2019
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Mahikeng
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
20 Desember 2022
Die skrappingsaansoek word suksesvol op Ideal Prepaid en die munisipaliteit beteken.
31 Mei 2022
Die Respondente het nie aan die bevel van 29 Maart voldoen nie, en Sakeliga gaan voort met ‘n aansoek om die respondente se verweer finaal te skrap.
26 April 2022
Die bevel van 29 Maart word op die respondente beteken en hulle het 21 dae om aan die bevel te voldoen.
29 Maart 2022
Die Hooggeregshof in Mahikeng beslis dat hulle nie op hierdie stadium al bereid is om die respondente se verweer te skrap nie, en bied geleentheid vir die respondente om binne 21 dae hul volledige rekord van besluitneming kragtens die hofreëls te liasseer.
14 Desember 2021
Die munisipale bestuurder bly steeds in gebreke om sy rekord van besluitneming kragens die hofreëls te liasseer, en Sakeliga bring ‘n aansoek in die Hooggeregshof in Mahikeng om die respondente se verweer te skrap sodat die saak in Sakeliga se guns beslis kan word.
26 Augustus 2021
Sakeliga se regspan skryf aan die munisipale bestuurder se regspan om daarop te wys dat die rekords wat gelewer is kragtens die hofreëls, nie volledig is nie en dat die munisipale bestuurder in gebreke bly om aan die hofreëls te voldoen.
10 Junie 2021
Die munisipale bestuurder van Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit lewer ‘n foutiewe (ongetekende) beëdigde verklaring om te verduidelik dat sommige van die rekords wat gelewer moet word deur die munisipale bestuurder, nie bestaan nie. Na ‘n skrywe van Sakeliga se regspan, word ‘n geldige beëdigde verklaring gelewer.
26 Mei 2021
Na verskeie vertragings veroorsaak deur die respondente in die saak, onder andere versuim om hul rekord van besluitneming te lewer soos die hofreëls bepaal, verleen Sakeliga ‘n laaste uitstel aan die respondente om teen 4 Junie hul rekord van besluitneming te lewer.
1 November 2019
Sakeliga ontvang uitspraak in sy guns ten opsigte van Deel A van die aansoek — ‘n interdik teen die Kgetlengrivier Munisipaliteit en Ideal Prepaid. Lees die uitspraak hier. Die interdik word toegestaan hangende deel B van die aansoek.
3 Oktober 2019
Sakeliga liasseer hofstukke by die Hooggeregshof in Mahikeng en loods hiermee die saak.
.html
HOFSTUKKE
Steun hierdie saak
Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?
Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun


