Skip to content
English|Afrikaans

Verpligte raskwotas vir werksplekke

Sakeliga verwerp die Wysigingswet oor Billike Indiensname en is besig om 'n hofsaak voor te berei daaroor. Die wysigingswet, wat op 6 April 2023 deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, laat die

Status
Lopend

Oor hierdie saak

Sakeliga verwerp die Wysigingswet oor Billike Indiensname en is besig om 'n hofsaak voor te berei daaroor. Die wysigingswet, wat op 6 April 2023 deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, laat die regering toe om demografiese kwotas aan private werkgewers voor te skryf, ongeag of hulle met die staat sake doen. Deur demografiese kwotas voor te skryf oor wie besighede in diens moet neem onder dreigement van boetes, oortree die Wet die vereiste skeiding van samelewing en staat en poog om entrepreneursbeheer van besighede met politieke beheer te vervang. Sakeliga berei voor om te litigeer teen die wysigingswet en die toepassing daarvan.

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.