|
[WordPress Migration Data]
{
  "source": "WordPress Migration",
  "originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/02/49703580658_ae6a848fd6_b.jpeg",
  "wpPath": "/wp-content/uploads/2022/02/49703580658_ae6a848fd6_b.jpeg",
  "wpYear": "2022",
  "wpMonth": "02",
  "wpPostCount": 3,
  "wpPostIds": [
    55311,
    55516,
    56753
  ],
  "migratedAt": "2025-09-18T14:10:32.891Z",
  "migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
  "fileSize": 250206
}
[End WordPress Migration Data]

Verhoed proaktief misbruik van Wet op Rampbestuur

1 Februarie 2022

EINDIG "TYDELIKE" RAMPTOESTAND

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Sakeliga gaan voort met ‘n hofsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om te verhoed dat die Wet op Rampbestuur in die toekoms misbruik word om drakoniese maatreëls deur middel van regulasie-maak af te dwing. Sakeliga wil verder verhoed dat ‘n ramptoestand keer-op-keer verleng kan word te verleng sonder dat daar objektief ‘n ramp bestaan. Sakeliga vra onder andere ook dat die Nasionale Rampbestuursentrum se versuim oor verskeie maande om te bepaal of Covid-19 aan die definisie van ‘n “ramp” voldoen, onwettig en ongrondwetlik verklaar word, en dat die mees onlangse verlenging van die Ramptoestand in Februarie, 2022 ter syde gestel word. Sakeliga vra ook dat die Minister se verlenging van die Ramptoestand in afwesigheid van ‘n klassifikasie van die Nasionale Rampbestuursentrum van Covid-19 as ‘n “ramp” en “nasionale ramp”, onwettig en ongrondwetlik is. In die alternatief vra Sakeliga dat dele van die Wet op Rampbestuur wat enige verlenging van ‘n nasionale ramptoestand in afwesigheid van ‘n objektiewe “ramp” sou toelaat, ongrondwetlik verklaar word.

Selfs al is die ramptoestand opgehef, bly hierdie saak belangrik om druk te behou vir ingeval die regering wil terugkeer na drakoniese ingrypings deur regulering. Die regering moet ook verhoed word om weer die Wet op Rampbestuur te misbruik.

Saakbesonderhede

Status van saak: Aktief

Saak begin: 11 Maart 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria

Volgende hofdatum: Onbekend.

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

10 September 2022

​Sakeliga stuur ‘n finale aanmaning aan die respondente om rekords oor hul klassifikasieproses van die Covid-19-ramptoestand te oorhandig. Kragtens die toepaslike hofreëls was die respondente verplig om ’n volledige rekord van besluitneming te liasseer ten opsigte van alle besluite wat in die saak aangeveg word. Die respondente bly steeds, ses maande later, in gebreke om die rekord te oorhandig.​

6 April 2022

Sakeliga gee aan sy regspan instruksie om voort te gaan met die saak, ten spyte van die oënskynlike beëindiging van die nasionale ramptoestand deur die Minister van Samewerkende Regering. Sakeliga wil toekomstige vergrype proaktief verhoed.

4 April 2022

​Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte.

11 Maart 2022

​Sakeliga liasseer hofstukke en loods die saak.

HOFSTUKKE

Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit

Voltooi ons kort opname

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

Ander Aktiewe Litigasie

Verwyder BEE vereistes vir eiendomspraktisyns

LEES MEER »

Verhoed monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite (SALGA-saak)

LEES MEER »

NUUTSTE MET HIERDIE SAAK

Sakeliga stuur finale aanmaning in hofsaak teen onkonstitusionele rampbestuur

Lees meer »10 September 2022

Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte

Lees meer »5 April 2022

Sakeliga moedig weerhouding van samewerking met voorgestelde Covid-regulasies aan

Lees meer »30 Maart 2022

JONGSTE: Sakeliga-litigasie teen hernuwing van Nasionale Ramptoestand op koers

Lees meer »15 Maart 2022

Lees Meer

Sluit Aan