EINDIG "TYDELIKE" RAMPTOESTAND
Waarom hierdie hofsaak?
Sakeliga gaan voort met ‘n hofsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria om te verhoed dat die Wet op Rampbestuur in die toekoms misbruik word om drakoniese maatreëls deur middel van regulasie-maak af te dwing. Sakeliga wil verder verhoed dat ‘n ramptoestand keer-op-keer verleng kan word te verleng sonder dat daar objektief ‘n ramp bestaan. Sakeliga vra onder andere ook dat die Nasionale Rampbestuursentrum se versuim oor verskeie maande om te bepaal of Covid-19 aan die definisie van ‘n “ramp” voldoen, onwettig en ongrondwetlik verklaar word, en dat die mees onlangse verlenging van die Ramptoestand in Februarie, 2022 ter syde gestel word. Sakeliga vra ook dat die Minister se verlenging van die Ramptoestand in afwesigheid van ‘n klassifikasie van die Nasionale Rampbestuursentrum van Covid-19 as ‘n “ramp” en “nasionale ramp”, onwettig en ongrondwetlik is. In die alternatief vra Sakeliga dat dele van die Wet op Rampbestuur wat enige verlenging van ‘n nasionale ramptoestand in afwesigheid van ‘n objektiewe “ramp” sou toelaat, ongrondwetlik verklaar word.
Selfs al is die ramptoestand opgehef, bly hierdie saak belangrik om druk te behou vir ingeval die regering wil terugkeer na drakoniese ingrypings deur regulering. Die regering moet ook verhoed word om weer die Wet op Rampbestuur te misbruik.
Saakbesonderhede
Status van saak: Aktief
Saak begin: 11 Maart 2022
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Pretoria
Volgende hofdatum: Onbekend.
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
Sakeliga stuur ‘n finale aanmaning aan die respondente om rekords oor hul klassifikasieproses van die Covid-19-ramptoestand te oorhandig. Kragtens die toepaslike hofreëls was die respondente verplig om ’n volledige rekord van besluitneming te liasseer ten opsigte van alle besluite wat in die saak aangeveg word. Die respondente bly steeds, ses maande later, in gebreke om die rekord te oorhandig.
Vertel ons oor die toestand van jou munisipaliteit
Steun hierdie saak
Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?
Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun
Ander Aktiewe Litigasie
Verwyder BEE vereistes vir eiendomspraktisyns
Verhoed monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite (SALGA-saak)
NUUTSTE MET HIERDIE SAAK
Sakeliga stuur finale aanmaning in hofsaak teen onkonstitusionele rampbestuur
Lees meer »10 September 2022
Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte
Lees meer »5 April 2022
Sakeliga moedig weerhouding van samewerking met voorgestelde Covid-regulasies aan
Lees meer »30 Maart 2022
JONGSTE: Sakeliga-litigasie teen hernuwing van Nasionale Ramptoestand op koers
| 10 September 2022 | Sakeliga stuur 'n finale aanmaning aan die respondente om rekords oor hul klassifikasieproses van die Covid-19-ramptoestand te oorhandig. Kragtens die toepaslike hofreëls was die respondente verplig om ’n volledige rekord van besluitneming te liasseer ten opsigte van alle besluite wat in die saak aangeveg word. Die respondente bly steeds, ses maande later, in gebreke om die rekord te oorhandig. |
|---|---|
| 6 April 2022 | Sakeliga gee aan sy regspan instruksie om voort te gaan met die saak, ten spyte van die oënskynlike beëindiging van die nasionale ramptoestand deur die Minister van Samewerkende Regering. Sakeliga wil toekomstige vergrype proaktief verhoed. |
| 4 April 2022 | Regering beëindig ramptoestand in naam, terwyl dit vasklou aan permanente magte. |
| 11 Maart 2022 | Sakeliga liasseer hofstukke en loods die saak. |
| 15 December 2022 | The government files a deficient rule 53 record of decision-making. |
|---|---|
| 10 September 2022 | Sakeliga sends a final letter of demand to the respondents to hand over records about their classification process of the Covid-19 "national disaster". Under the applicable court rules, the respondents were obliged to file a complete record of decision-making in respect of all decisions contested in the case. The respondents remain, six months later, in default of handing over the records. |
| 6 April 2022 | Sakeliga instructs its legal team to proceed with the case, despite the apparent termination of the national disaster by the Minister of Cooperative Governance. Sakeliga wants to proactively prevent future transgressions, as have been sustained over 2 years. |
| 4 April 2022 | Government ends disaster in name while clinging to permanent powers. |
| 11 March 2022 | Sakeliga files founding court papers and the litigation commences. |
Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker
Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.
