Skip to content
English|Afrikaans

Verhoed wysiging van gunstige PPPFA-bevel oor BEE in staatstenders

BESKERM DIE PPPFA-UITSPRAAK

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Die Minister van Finansies bring ‘n dringende hofaansoek ter wysiging van die Konstitusionele Hof se bevel in Sakeliga se guns op 16 Februarie 2022 oor BEE in staatstenders. Sakeliga opponneer die aansoek, aangesien die Minister onder die vaandel van ‘n verduideliking by die hof verlang oor die uitspraak, eintlik die strekking daarvan probeer wysig.

Agtergrond:

  • Die Hoogste Hof van Appèl (HHA) het in 2020 bevind dat die Minister van Finansies se 2017-verkrygingsregulasies (PPPFA regulasies), wat voorsiening maak vir BEE-voorafdiskwalifikasie in tenders, onwettig en ongeldig is.
  • Die HHA het egter die ongeldigheid van die regulasies opgeskort vir 12 maande, om vir die Minister tyd te gee om nuwe regulasies te maak.
  • Die Minister het die HHA se beslissing geappelleer in die Konstitusionele Hof, en die Konstitusionele Hof het die appèl van die hand gewys op 16 Februarie 2022.
  • Die regsvraag wat ontstaan is of die HHA se bevel opgeskort is toe die Minister geappelleer het na die Konstitusionele Hof — met ander woorde, of die 12 maande tydperk om nuwe regulasies te maak eers begin loop het toe die saak tot finaliteit gebring is in die Konstitusionele Hof. Dit is hoofsaaklik waaroor die Minister se dringende aansoek nou handel — die Minister wil die Konstitusionele Hof-bevel op 16 Februarie 2022 laat wysig om dit “duidelik te maak” dat die 12 maande periode waartydens die ongeldigheid van die regulasies opgeskort bly, eers begin loop sedert die Konstitusionele Hof se uitspraak.

Saakbesonderhede

Status van saak: Afgehandel. Uitspraak in Sakeliga se guns, met koste.

Saak begin: 18 Maart 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Konstitusionele Hof

Laaste hofdatum: 30 Mei 2022 10:00.

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

Die Konstitusionele Hof lewer eenparig uitspraak in Sakeliga se guns, met koste.

Die registrateur van die Konstitusionele Hof stel die partye in kennis dat die partye ingelig sal word oor wanneer geskrewe uitspraak verwag kan word.

Die Minister van Finansies liasseer ‘n repliserende verklaring (‘n antwoord op Sakeliga se antwoordende verklaring van 16 Maart).

Die Minister van Finansies liasseer ‘n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof om "duidelikheid" te kry oor die strekking en implikasie van die hof se bevel in Sakeliga se guns op 16 Februarie 2022.

Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Tesourie reik ‘n tipe instruksie aan staatsorgane uit om tenderprosesse te staak. Tenderprosesse landswyd knars tot stildstand.

Die Konstitusionele Hof bevind in Sakeliga se guns in Afribusiness NPC v Minister of Finance. Die saak is ‘n oorwinning vir Sakeliga oor die toepassing van BEE-voorafdiskwalifikasie in staatstenders (deur die hof onwettig verklaar).

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

Ander Aktiewe Litigasie

Stop lasvermindering

LEES MEER »

Versnel drastiese ingryping by Ditsobotla-munisipaliteit

LEES MEER »

Verwyder obstruksies tot alternatiewe elektrisiteit

LEES MEER »

MEDIAVERKLARINGS OOR HIERDIE SAAK

Sakeliga wen in Konstitusionele Hof, hof blameer minister vir verkrygingsverwarring

Lees Meer »Sakeliga Staff 30 Mei 2022

Nuutste oor Tenderregulasies in Suid-Afrika

Lees Meer »Sakeliga Staff 15 Maart 2022

Tesourie gee toe aan Sakeliga: staatsorgane kan voortgaan met verkrygings

Lees Meer »Sakeliga Staff 4 Maart 2022

Tesourie moet onwettige tenderinstruksies terugtrek, staatstenders mag voortgaan sonder BEE-voorvereistes

Lees Meer »Sakeliga Staff 28 Februarie 2022

30 May 2022The Constitutional Court delivers unanimous judgment in Sakeliga's favour, with costs.
19 April 2022The registrar of the Constitutional Court notifies the parties that the parties will be informed of when written judgment can be expected.
24 March 2022The Minister of Finance files a replying affidavit (a response to Sakeliga's answering statement of 16 March).
16 March 2022Business League files an answering affidavit at the Constitutional Court in opposition to the Minister's urgent application.
4 March 2022The Minister of Finance files an urgent application with the Constitutional Court to obtain "clarity" on the scope and implication of the court's order in Sakeliga's favor on 16 February 2022.
28 February 2022Sakeliga writes to the Director-General demanding that the illegal instruction of 25 February be withdrawn.
25 February 2022The Director-General of the National Treasury issues a type of instruction to state organs to stop tender processes. Tender processes nationwide are grinding to a standstill.
16 February 2022The Constitutional Court rules in Sakeliga's favor in Afribusiness NPC v Minister of Finance . The case is a victory for Sakeliga over the application of BEE pre-disqualification in state tenders (declared illegal by the court).
30 Mei 2022Die Konstitusionele Hof lewer eenparig uitspraak in Sakeliga se guns, met koste.
19 April 2022Die registrateur van die Konstitusionele Hof stel die partye in kennis dat die partye ingelig sal word oor wanneer geskrewe uitspraak verwag kan word.
24 Maart 2022Die Minister van Finansies liasseer 'n repliserende verklaring ('n antwoord op Sakeliga se antwoordende verklaring van 16 Maart).
16 Maart 2022Sakeliga liasseer antwoordende verklarings by die Konstitusionele Hof ter opponering van die Minister se dringende aansoek.
4 Maart 2022Die Minister van Finansies liasseer 'n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof om "duidelikheid" te kry oor die strekking en implikasie van die hof se bevel in Sakeliga se guns op 16 Februarie 2022.
28 Februarie 2022Sakeliga skryf aan die Direkteur-Generaal en eis dat die onwettige instruksie van 25 Februarie teruggetrek word.
25 Februarie 2022Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Tesourie reik 'n tipe instruksie aan staatsorgane uit om tenderprosesse te staak. Tenderprosesse landswyd knars tot stildstand.
16 Februarie 2022Die Konstitusionele Hof bevind in Sakeliga se guns in Afribusiness NPC v Minister of Finance. Die saak is 'n oorwinning vir Sakeliga oor die toepassing van BEE-voorafdiskwalifikasie in staatstenders (deur die hof onwettig verklaar).

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.