Skip to content
English|Afrikaans

Daag Mogalakwena munisipale bestuurder voor hof oor minagting

MOGALAKWENA MINAGTINGSAANSOEK

Steun Hierdie Saak

Waarom hierdie hofsaak?

Na aanleiding van ’n hofbevel wat Sakeliga op 18 Januarie 2022 teen die Mogalakwena munisipaliteit in Limpopo bekom het wat die munisipale bestuurder te verplig om verskeie rekords soos finansiële verslae en raadsbesluite aan Sakeliga te oorhandig, en die verontagsaming van die bevel deur die munisipale bestuurder, het Sakeliga ’n hofbevel bekom om die waarnemende munisipale bestuurder aan minagting van die hof skuldig te bevind. Die munisipale bestuurder het gevolglik tronstraf in die gesig gestaar en aan die 18 Januarie-bevel begin voldoen.

Hierdie saak is belangrik, aangesien dit algemene praktyk begin word by veral vervalle munisipaliteite om nie aan hofbevele gehoor te gee nie en dit regshulp teen die staat verswak. Hofsake moet soms deurgesien word tot minagtingsverrigtinge om die doeltreffendheid van regshulp te verseker.

Saakbesonderhede

Status van saak: Afgehandel

Saak begin: 25 Augustus 2022

Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Polokwane

Uitspraak gelewer: 18 November 2022

Tydlyn Van GebeureHofstukke

VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK

Die saak word op die onbestrede rol aangehoor. Die hof beveel dat die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, die huidige munisipale bestuurder sowel as ‘n voormalige munisipale bestuurder skuldig is aan minagting van die hof se bevel van 21 Januarie. Die voormalige munisipale bestuurder word tot sestig dae tronkstraf gevonnis, opgeskort mits die munisipaliteit binne sewe dae aan die bevel van 21 Januarie voldoen.

Sakeliga loods ‘n minagtingsaansoek teen die munisipale bestuurder, weens ‘n versuim om aan die 21 Januarie-hofbevel gehoor te gee.

21 Januarie 2022

Die munisipaliteit het Sakeliga se rekordversoek van 18 Mei 2021 geïgnoreer. Gevolglik bekom Sakeliga ‘n hofbevel om die munisipale bestuurder te verplig om rekord te lewer.

Sakeliga dien ‘n rekordversoek by die munisipaliteit in kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).

Steun hierdie saak

Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?

Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun

Ander Aktiewe Litigasie

Verhoed monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite (SALGA-saak)

LEES MEER »

Stel betaalmeester aan in munisipaliteite in Noord-Wes (Betaalmeester-saak)

LEES MEER »

Staak onreëlmatige munisipale geldinvordering deur derde party (Ideal Prepaid)

LEES MEER »

VORIGE VERKLARINGS OOR HIERDIE SAAK

Sakeliga vorder met minagtingsaak ná weke se ontduiking deur Mogalakwena munisipale bestuur

Lees meer »27 September 2022

Sakeliga daag Mogalakwena munisipale bestuurder voor hof oor minagting

Lees meer »25 Augustus 2022

Lees Meer

Sluit Aan

25 November 2022Die munisipaliteit voldoen substantief aan die bevel van 21 Januarie en die saak sluit.
18 November 2022Die saak word op die onbestrede rol aangehoor. Die hof beveel dat die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, die huidige munisipale bestuurder sowel as 'n voormalige munisipale bestuurder skuldig is aan minagting van die hof se bevel van 21 Januarie. Die voormalige munisipale bestuurder word tot sestig dae tronkstraf gevonnis, opgeskort mits die munisipaliteit binne sewe dae aan die bevel van 21 Januarie voldoen.
19 September 2022Na weke se ontduiking deur die waarnemende munisipale bestuurder, bereik prokureurs vir Sakeliga hom telefonies om hom bewus te maak van die minagtingsaansoek teen hom.
25 Augustus 2022Sakeliga loods 'n minagtingsaansoek teen die munisipale bestuurder, weens 'n versuim om aan die 21 Januarie-hofbevel gehoor te gee.
16 Maart 2022Die munisipale bestuurder word finaal aangemaan om aan die hofbevel van 21 Januarie 2022 te voldoen.
14 Februarie 2022Die hofbevel van 21 Januarie word per balju op die munisipale bestuurder beteken.
21 Januarie 2022Die munisipaliteit het Sakeliga se rekordversoek van 18 Mei 2021 geïgnoreer. Gevolglik bekom Sakeliga 'n hofbevel om die munisipale bestuurder te verplig om rekord te lewer.
18 Mei 2021Sakeliga dien 'n rekordversoek by die munisipaliteit in kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).
25 November 2022The municipality substantively complies with the order of 21 January and the case closes.
18 November 2022The case is heard on the unopposed roll. The court orders that the Mogalakwena Local Municipality, the current municipal manager as well as a former municipal manager are in contempt of the court's order of 21 January. The former municipal manager is sentenced to sixty days imprisonment, suspended provided the municipality complies with the order of 21 January within seven days.
19 September 2022After weeks of evasion by the acting municipal manager, attorneys for Sakeliga reach him by phone to make him aware of the contempt application against him.
25 August 2022Sakeliga launches a contempt application against the municipal manager, due to a failure to comply with the January 21 court order.
16 March 2022The municipal manager is summoned by Sakeliga to comply with the court order of 21 January 2022.
14 February 2022The court order of 21 January is served on the municipal manager by sheriff.
21 January 2022The municipality ignored Sakeliga's record request of 18 May 2021. As a result, Sakeliga obtains a court order to compel the municipal manager to deliver the requested records.
18 May 2021Sakeliga submits a records request to the municipality under the Promotion of Access to Information Act (PAIA).

Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker

Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.