![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/08/gavel-g9e9c80974_1920.jpg",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2022/08/gavel-g9e9c80974_1920.jpg",
"wpYear": "2022",
"wpMonth": "08",
"wpPostCount": 2,
"wpPostIds": [
61265,
61282
],
"migratedAt": "2025-09-18T14:09:35.400Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 215136
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/6XAxAMzrFvdvnxavSnXLfk/27c6759ebcbc4942c1b6dc0fbac49e35/gavel-g9e9c80974_1920.jpg?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
Daag Mogalakwena munisipale bestuurder voor hof oor minagting
MOGALAKWENA MINAGTINGSAANSOEK
Waarom hierdie hofsaak?
Na aanleiding van ’n hofbevel wat Sakeliga op 18 Januarie 2022 teen die Mogalakwena munisipaliteit in Limpopo bekom het wat die munisipale bestuurder te verplig om verskeie rekords soos finansiële verslae en raadsbesluite aan Sakeliga te oorhandig, en die verontagsaming van die bevel deur die munisipale bestuurder, het Sakeliga ’n hofbevel bekom om die waarnemende munisipale bestuurder aan minagting van die hof skuldig te bevind. Die munisipale bestuurder het gevolglik tronstraf in die gesig gestaar en aan die 18 Januarie-bevel begin voldoen.
Hierdie saak is belangrik, aangesien dit algemene praktyk begin word by veral vervalle munisipaliteite om nie aan hofbevele gehoor te gee nie en dit regshulp teen die staat verswak. Hofsake moet soms deurgesien word tot minagtingsverrigtinge om die doeltreffendheid van regshulp te verseker.
Saakbesonderhede
Status van saak: Afgehandel
Saak begin: 25 Augustus 2022
Hof waarin saak aangevoer word: Hooggeregshof: Polokwane
Uitspraak gelewer: 18 November 2022
VOLG GEBEURE IN HIERDIE SAAK
25 November 2022
Die munisipaliteit voldoen substantief aan die bevel van 21 Januarie en die saak sluit.
18 November 2022
Die saak word op die onbestrede rol aangehoor. Die hof beveel dat die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, die huidige munisipale bestuurder sowel as ‘n voormalige munisipale bestuurder skuldig is aan minagting van die hof se bevel van 21 Januarie. Die voormalige munisipale bestuurder word tot sestig dae tronkstraf gevonnis, opgeskort mits die munisipaliteit binne sewe dae aan die bevel van 21 Januarie voldoen.
19 September 2022
Na weke se ontduiking deur die waarnemende munisipale bestuurder, bereik prokureurs vir Sakeliga hom telefonies om hom bewus te maak van die minagtingsaansoek teen hom.
25 Augustus 2022
Sakeliga loods ‘n minagtingsaansoek teen die munisipale bestuurder, weens ‘n versuim om aan die 21 Januarie-hofbevel gehoor te gee.
16 Maart 2022
Die munisipale bestuurder word finaal aangemaan om aan die hofbevel van 21 Januarie 2022 te voldoen.
14 Februarie 2022
Die hofbevel van 21 Januarie word per balju op die munisipale bestuurder beteken.
21 Januarie 2022
Die munisipaliteit het Sakeliga se rekordversoek van 18 Mei 2021 geïgnoreer. Gevolglik bekom Sakeliga ‘n hofbevel om die munisipale bestuurder te verplig om rekord te lewer.
18 Mei 2021
Sakeliga dien ‘n rekordversoek by die munisipaliteit in kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).
HOFSTUKKE
Steun hierdie saak
Naam en Van E-Pos Adres Selfoon Nommer Is jy 'n besigheidseienaar of 'n individu?
Besigheidseienaar IndividuBied Jou Steun
Ander Aktiewe Litigasie
Verhoed monopolisering van dienslewering deur munisipaliteite (SALGA-saak)
Stel betaalmeester aan in munisipaliteite in Noord-Wes (Betaalmeester-saak)
Staak onreëlmatige munisipale geldinvordering deur derde party (Ideal Prepaid)
VORIGE VERKLARINGS OOR HIERDIE SAAK
Sakeliga vorder met minagtingsaak ná weke se ontduiking deur Mogalakwena munisipale bestuur
Lees meer »27 September 2022
Sakeliga daag Mogalakwena munisipale bestuurder voor hof oor minagting
Lees meer »25 Augustus 2022




