Wet op Staatsverkryging
Sakeliga beskou die nuwe Wet op Staatsverkryging as ongrondwetlik. Die Wet, wat nog nie in werking gestel is nie, dwing staatsorgane tot voorkeurverkryging terwyl die Grondwet dit as diskresionêr besk
Oor hierdie saak
Sakeliga beskou die nuwe Wet op Staatsverkryging as ongrondwetlik. Die Wet, wat nog nie in werking gestel is nie, dwing staatsorgane tot voorkeurverkryging terwyl die Grondwet dit as diskresionêr beskou. In plaas van 'n raamwerk te skep, skryf die Wet beleidsinhoude voor, insluitend verpligte opsysit van kontrakte vir spesifieke kategorieë persone volgens ras en geslag, voorafkwalifiseringskriteria, subkontraktering en plaaslike inhoudsvereistes. Hierdie bepalings is ekonomiese skadelik weens verhoogde koste, oneffektiewe dienste, verminderde produktiwiteit en 'n klem op politieke verbintenisse eerder as gemeenskapsbelange. Die Minister verkry te wye magte wat instellings verhinder om eie beleide te ontwikkel wat hul unieke behoeftes en institusionele geheue weerspieël. Die Wet sal lei tot 'n verergerde ineenstorting van dienslewering. Sakeliga berei voor om die Wet met litigasie teen te staan.
