Bekendstelling: Pretoria Sakekamer
Doen jy sake in die groter Pretoria-omgewing? Dan is jy uitgenooi!
Die Pretoria Sakekamer gaan Pretoria herbou en vestig tot ‘n wêreldklas sakesentrum. Ons gaan dit doen ondanks staatsverval en selfstandig van die politiek. Die kuur vir munisipale- en infrastruktuurverval is selfstandige sakelui.
Die Pretoria Sakekamer onderhandel nie met enige politieke party of instelling nie. Ons neem self verantwoordelikheid en eis verantwoordbaarheid. Ons snoer ekonomies aktiewe sakelui en ondernemings met sakebelange in Pretoria saam. Ons is ‘n dinkgroep, ‘n doengroep en ‘n drukgroep wat ook by Sakeliga, met hulle indrukwekkende litigasierekord, geaffilieer is.
Ons oproep aan ondernemings in Pretoria is eenvoudig. Wees saam met ons rentmeesters vir die stad.
As jy jou onderneming by hierdie visie sien inpas, is jy welkom by die Pretoria Sakekamer se bekendstellingsgeleentheid op 16 Maart 2023 tussen 08:00 en 10:00 by Doxa Deo in Brooklyn. Ons sprekers is Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Konsult Pretoria-Oos en Neerejh Ramlakhan, stigter en uitvoerende hoof van die AOS Groep.
16 Maart 2023
Vir bywoning is bespreking noodsaaklik.
Datum: Donderdag, 16 Maart 2023
Koste: R100
Plek: Doxa Deo Brooklyn
Begintyd: 07:45
Eindtyd: 10:30
Taal: Hierdie funksie word aangebied in Afrikaans
Kaartjie verkope sluit 16:00 op 10 Maart
VORIGE FUNKSIES DEUR SAKELIGA LEDE
Pretoria
Sosialemedia-werkswinkel vir ondernemings
Pretoria
Bekendstelling: Pretoria Sakekamer
Pretoria
Laat Eskom jou groeiende onderneming terugneig na die “donker eeue”? Hier is 6 STAPPE om ‘n besigheid te bou wat VIR jou werk.
Aanlyn-aanbieding
Skryfnet-mediaverklaring-werkswinkel: Wen ‘n advertensieveldtog op Maroela Media ter waarde van R30 000
Pretoria
TLU SA Jongboerkomitee bied aan: Gholfdag
Aanlyn-aanbieding
LWO en Sakeliga hou ‘n webinaar oor die Nasionale Minimumloon vir 2023/2024
Aangebied deur KragDag
Kursus: Biogas in boerdery
Aangebied deur FergusMor Action Coach
Die ongewilde WAARHEID agter finansiering en suksesvolle beveiliging van besigheidsbefondsing
Wes-Kaap
KragDag Wes-Kaap 2023
Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker
Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.
