![[WordPress Migration Data]
{
"source": "WordPress Migration",
"originalUrl": "https://www.sakeliga.org.za/wp-content/uploads/2022/11/KragDag.png",
"wpPath": "/wp-content/uploads/2022/11/KragDag.png",
"wpYear": "2022",
"wpMonth": "11",
"wpPostCount": 6,
"wpPostIds": [
65379,
65299,
65219,
64970,
64104,
64134
],
"migratedAt": "2025-09-18T14:07:59.839Z",
"migratedBy": "wp-media-to-contentful.mjs",
"fileSize": 163288
}
[End WordPress Migration Data]](https://images.ctfassets.net/ptr3cuja5dzu/518t44vNGc4SVLP5KZI8Oc/7c66b6502e7791f30f2ddf9149249e06/KragDag.png?w=1920&h=1080&fit=fill&fm=webp&q=85)
KragDag Wes-Kaap 2023
KragDag Wes-Kaap 2023
Na verskeie versoeke vanuit die Kaap het die KragDag-span besluit om die KragDag-eksp ook vanjaar na die Kaap te neem.
Die tema van KragDag 2023 is ‘Kom ons bou ʼn kragstasie’. Volgens HP Steyn, bestuurshoof van KragDag, is KragDag die plek waar entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.
Die jaarlikse KragDag-ekspo, wat vanjaar vir die eerste keer in die Wes-Kaap aangebied word, bied ʼn inspirerende leersame daf in ʼn karnaval atmosfeer. Alhoewel daar ʼn groot hoeveelheid gebot en vermaak by die eksp te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ʼn vermaaklikheidstoeskouer is nie, maar ʼn deelnemer in interaksie met dinge wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.
Nog ʼn voordeel van die bywoning van die KragDag-ekspo is die geleentheid wat bywoners het om eendersdenkende mense te ontmoet en by verskeie netwerke in te skakel. Die KragDag-ekspo is ʼn wonderlike plek om ander mense te ontmoet wat in selfstandigheid belangstel en wat daaraan werk om staatsbestand te raak. Die ekspo bied jou ook die geleentheid om by kundiges te leer en raad te kry oor hoe jy Eskom-vry kan raak.
KragDag 2023 bied iets vir elke lid van die gesin. Met 100 uitstallers, praktiese demonstrasies, ʼn biertuin, helikopterritte, ʼn pretpark, kuns en kou mark, heerlike kos, landbou uitstallings en selfs ʼn biogas-aanleg waar jy kan sien hoe die aanleg werk. Daar sal selfs koffie beskikbaar wees wat op ʼn biogas-stofie staan en prut. Daar is egter nog so baie om te noem, dat ons jou eerder net wil uitnooi om die 2023 KragDag saam met ons te kom geniet.
17 en 18 Februarie 2023
Waar vind die KragDag-ekspo plaas? Die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap vind op die Môreson plaas, ongeveer 11km buite Malmesbury plaas.
Wat beloop die kostes? Slegs R50 per volwassene. Dit is 50% afslag op die normale hekfooi van R100. Die kaartjie gee jou toegang vir een of al twee dae om die ekspo by te woon. Toegang vir kinders tot 18 jaar bly steeds gratis. Vooraf kaartjieverkope sluit op 16 Februarie 2023.
Volg gerus die skakel om jou kaartjie te koop: KragDag 2023 Ons sien daarna uit om jou by die eerste Wes-Kaap KragDag-ekspo te verwelkom!











